Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Afrika in Aldi
#1
Kruideniersaankope in Brussel is soos stemtyd - stemmig, bedeesd en ernstig. 'Jou stem is jou privaatheid'. 'n Mens dink wat jy doen en beraadslaag stemmig. Die stem van bo onderbreek die sagte, aktiewe musiek om die spesiale aanbiedinge van die dag aan te kondig. Dan weer die gerespekteerde stilte ...... Kinders bly kinders en luidrugtig word 'n wil afgedwing iewers in die winkel!

Vir ons Afrikane is inkopies 'n vreemde, stille belewenis in hierdie private kultuur van België.
Meer as een maal het ons in ongeloof oor die rakke geloer om te sien of ons die enigste kopers in die winkel is, of dit wel al kooptyd is .....!

So staan ons een oggend in die ry in Aldi met ons kruidenierswaentjie. Voor ons is almal besig met stil, persoonlike gedagtes en word daar slegs omgekyk wanneer iemand 'n fraks harder praat as die normale. My man staan tipies Afrikaans en fluit opgewek 'n deuntjie terwyl ons wag!
Die dame voor ons begin effens ongemaklik rondtrap en kyk dan vinnig om ....
Nog 'n keer, maar die keer bespeur ek 'n soort van simpatieke uitdrukking soos wanneer daar 'n gestremdheid in die omgewing is .....
Vra sy vir my in Frans, "Is hy altyd so?"

"Ja," sê ek kopknikkend aan 'n gesig vol ongeloof!!!!

Duidelik nie gewoond aan Afrika in Aldi nie!
Reply
#2
hantam Wrote:Kruideniersaankope in Brussel is soos stemtyd - stemmig, bedeesd en ernstig. 'Jou stem is jou privaatheid'. 'n Mens dink wat jy doen en beraadslaag stemmig. Die stem van bo onderbreek die sagte, aktiewe musiek om die spesiale aanbiedinge van die dag aan te kondig. Dan weer die gerespekteerde stilte ...... Kinders bly kinders en luidrugtig word 'n wil afgedwing iewers in die winkel!

Vir ons Afrikane is inkopies 'n vreemde, stille belewenis in hierdie private kultuur van België.
Meer as een maal het ons in ongeloof oor die rakke geloer om te sien of ons die enigste kopers in die winkel is, of dit wel al kooptyd is .....!

So staan ons een oggend in die ry in Aldi met ons kruidenierswaentjie. Voor ons is almal besig met stil, persoonlike gedagtes en word daar slegs omgekyk wanneer iemand 'n fraks harder praat as die normale. My man staan tipies Afrikaans en fluit opgewek 'n deuntjie terwyl ons wag!
Die dame voor ons begin effens ongemaklik rondtrap en kyk dan vinnig om ....
Nog 'n keer, maar die keer bespeur ek 'n soort van simpatieke uitdrukking soos wanneer daar 'n gestremdheid in die omgewing is .....
Vra sy vir my in Frans, "Is hy altyd so?"

"Ja," sê ek kopknikkend aan 'n gesig vol ongeloof!!!!

Duidelik nie gewoond aan Afrika in Aldi nie!

Jinne Hantam.... nou laat jy my lekker lag!

Arme ou W.... hoop nie dit het hom laat terugtrek om net nooit weer vrolik te wees nie. Dalk was die tannie net jaloers omdat sy nie kan fluit nie. Big Grin

Lekker om jou hier te sien Smile
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Afrika moet Suid-Afrikaners se 'home' wees Pronkertjie 1 3,828 12-03-2005, 03:14 PM
Last Post: hantam
  Suid-Afrika na Drie Jaar hantam 0 3,859 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Hart vir Afrika hantam 0 2,638 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)