Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
'Alles is weg' op wildplaas nadat brand uitbreek
#1
[COLOR="Purple"]
Die Intundla-wildplaas naby die Roodeplaatdam, noord van Pretoria, het gistermiddag “heeltemal tot op die grond afgebrand”.

Niemand is beseer nie. Daar kon nog nie bepaal word wat die brand veroorsaak het nie.

Me. Teneale du Plessis, bemarkingsbestuurder by Intundla, het gister gesê slegs ’n paar van die kamers wat vir akkommodasie gebruik is, het staande gebly.

“Alles is verwoes. Die geboue was alles grasdakgeboue, so dit het baie skielik gebeur.

“Ons konferensiesentrum, ons administrasiekantore, die meeste van ons akkommodasie . . . alles is weg.

“Ons wil graag hê ons kliënte moet ons kontak want al ons dokumentasie en rekenaars is in die brand vernietig.

“Ons het geen nommers vir enige van ons kliënte wat nog ’n bespreking by ons het nie, so ons doen ’n beroep op ons kliënte om ons asseblief by ons bure – waar ons ’n tydelike kantoor opgestel het om skadebeheer uit te oefen – te kontak,” het sy bygevoeg.

Du Plessis het gesê sover tot dusver vasgestel kon word, is geen van die wild op die wildplaas in die brand beseer of dood nie.

Kliënte wat nog besprekings by Intundla het, kan 0 012 808 5021 skakel vir meer inligting.

Die wildplaas se eienaar kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.[/COLOR] Bron: Die Beeld
Reply
#2
:bigcry: :bigcry: :bigcry:

Dit is 'n groot ramp vir my familie!!! My nefie sou aan die begin van Desember daar trou. Sy bruidjie is so op en wakker en georganiseerd, en al die troukaartjies het verlede week al uitgegaan. Ai jai jai. Wat 'n pyn vir hulle nou! Wonder waar ons nou gaan 'party' hou! :bigcry:

:daisy:
Reply
#3
[COLOR="Purple"]Dit blyk nou dat die onthaal area nie klaar sal wees voor Maart volgende jaar nie. Skoonsus skryf dat die tweetjies erg stres want hulle kry nou glad nie 'n ander plek te hure nie. Sad Die is moeilik om die datum te verander.

Hierdie tannie dink hulle moet maar trou en sommer braaivleis hou. Smile Ai, ek is nogal jammer vir hulle. Gelukkig het hulle darem meer tyd om te soek, maar dink net aan die paartjies wat in die volgende weke daar sou trou.

[/COLOR]
Reply
#4
[COLOR="Purple"]Vandag oor twee weke land ek in Suid Afrika, maar ongelukkig geen troue nie. Die troue is uitgestel tot later en ek gaan nou net kuier. Is genooi Hermanus toe vir 'n paar dae en dit is sommer die kersie op die koek. Ongelukkig is my volgende jaar al beplan en sal ek nie die troue kan bywoon nie Sad Dit is nou 'n groot jammerte vir my en vir hulle. :bigcry:



[/COLOR]
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Groen, alles groen Pronkertjie 0 4,364 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)