Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Groen, alles groen
#1
Ek wonder of Justin Cartwright hierdie sal lees. Wink


[COLOR="DarkGreen"]Suid-Afrika kan vandag in ’n see van groen verander met mense wat oor party- en kleurgrense heen hul steun aan die Springbokke toesê.

Vandag, die dag voor die Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en Engeland, is nie-amptelik tot nasionale “Dra jou Springbok-trui werk toe”-dag verklaar.

Van skole tot regsfirmas het aangedui dat daar groen-en-goud gedra gaan word. E-posse het rondgevlieg om mense aan te moedig om op soortgelyke wyse hul steun aan die Bokke uit te druk.

Die geleentheid vir nasionale trots het selfs mense wat nie rugby-ondersteuners is nie, meegevoer.

In die parlement was alle politici se bloed gister groener as groen, ongeag hul partye se standpunt oor sporttransformasie en die Springbokke. (Berig op bl. 6).

Mnr. Smuts Ngonyama, ANC-woordvoerder, het die Bokke sterkte toegewens en alle Suid-Afrikaners gevra om hulle te steun. “Ons moedig alle Suid-Afrikaners aan om die groen-en-goud met trots te dra. Go Bokke go!”

Dr. Henning Gericke, die Bokke se kopdokter, het vroeër vandeesweek in Frankryk ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vandag die groen-en-goud te dra ter ondersteuning van John Smit se span. Hy wil foto’s daarvan aan die spelers wys om hulle te motiveer.

Handelaars moes gevolglik vandeesweek bontstaan om die “noodsaaklike” behoeftes soos braaivleis, drinkgoed en biltong te voorsien.

En dan is daar ook ’n reuse-vraag na Springbok-ondersteunersdrag. Bok-truie is ná ’n hewige stormloop die afgelope dae skaars soos hoendertande.

Me. Analize Pedregal, bemarkingsbestuurder van Canterbury Suid-Afrika, die Bokke se klereborg, het gister gesê sy het “nog nooit so iets ervaar nie”.

“Die aanvraag na Springbok-truie is oorweldigend en ons skakelbord het in die proses opgepak. Dis ’n malhuis.”

Pedregal sê Canterbury het sedert Julie byna 40 000 Wêreldbeker-Boktruie verkoop. “Ons sou vandag waarskynlik nog 40 000 truie verkoop het as ons soveel gehad het.”

Sy sê sommige mans is so desperaat om ’n Bok-trui te bekom dat hulle gister selfs vrouetruie gekoop het.

Daar word ook orals finale reëlings getref vir rugbypartytjies.

Me. Janine van Stolk, woordvoerder van Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB), voorspel dat dit ’n “groot naweek” vir SAB gaan wees. Dit is nie net ’n geval van groen-en-goud dra nie. Selfs hamburgers, brood en melk het te midde van die erge Bok-koors groen geword.

Die kitskos-kettinggroep Steers verkoop byvoorbeeld ’n groen Bok-hamburger.

Me. Eloise Boezak, kommunikasiehoof van Sasol-olie, die Bokke se amptelike borg, het gister gesê Sasol se vulstasies sal ook Saterdag in groen-en-goud verander.

“Daar gaan nie (vandag) baie gewerk word by Sasol nie,” het sy gesê. [/COLOR]

Bron: Die Beeld
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  'Alles is weg' op wildplaas nadat brand uitbreek Pronkertjie 0 4,997 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)