Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Hemelbed
#1
Ietsie oulik wat ek gelees het...

In die
ysigheid van
koud
maak die Heer
vir my 'n bed
met die linne
van die liefde
wat net warm
mense het

- Saphira


:daisy:
Reply
#2
Quote:Originally posted by Pronkertjie

van die liefde
wat net warm
mense het

- Saphira


:daisy:

Pronkertjie, daardie liefde is so noodsaaklik. Ek het gister weer beleef hoedat ou mense so werklik eensaam kan wees en sonder enige menseliefde voortleef.
Een van die ou mans vir wie se vrou ek medikasie in spesiale houers verpak, was gister so dankbaar toe ek uitvra na haar gesondheid, hy het seker 'n halfuur gesels oor hoe sy aan die verbeter is, hoe aangenaam die afgelope naweek was, ens. Hy het met 'n breë glimlag uit die apteek gestap, moes seker vir hom lekker gewees het om sy goeie nuus te deel.

:lovef:
Reply
#3
Meeste van die tyd het ons warmte om te gee, maar soms gaan ons deur 'n seisoen waar ons ander se warmte nodig het.

:daisy:
Reply
#4
En ek glo hoe meer jy gee hoe meer ontvang jy Smile :daisy:
Reply
#5
Quote:Originally posted by oe-la-la
En ek glo hoe meer jy gee hoe meer ontvang jy Smile :daisy:


Ek glo nogal sterk daaraan jong Smile

Ek het geleer dat as ek in 'n liewe "self pity party" is, kan ek nie eers my arm op lig om vir iemand 'n koppie tee te maak nie. Daar is altyd iets wat ons kan gee.... al gaan ons deur 'n tyd van pyn en lyding. Maar aan die anderkant waardeer ek ander se warmte so, selfs al verdien ek dit nie.

:hartlik:
Reply
#6
Quote:Originally posted by Pronkertjie
Ek glo nogal sterk daaraan jong Smile

Ek het geleer dat as ek in 'n liewe "self pity party" is, kan ek nie eers my arm op lig om vir iemand 'n koppie tee te maak nie. Daar is altyd iets wat ons kan gee.... al gaan ons deur 'n tyd van pyn en lyding. Maar aan die anderkant waardeer ek ander se warmte so, selfs al verdien ek dit nie.

:hartlik:


Dis waar Pronkertjie Smile Mens kan maar net rondom jou kyk en besef hoe baie 'n mens het om voor dankbaar te wees - ek sien dit heeldag in my werk - so baie voorregte wat ons het Smile
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)