Posts: 25
	Threads: 8
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Wat is jou Afrikaanse gunsteling lied?
Myne is Ou waenhuis en die Soutpansberg setees albei gespeel deur oom Japie Laubsher. Die 2 plate gaan ook eendag op my begrafnis gespeel word.
Wat is jou gunsteling?
	
	
	
Afrikaans Leef
Blou Bulle CC Champs 2003 / 2003
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,343
	Threads: 35
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Ek is nou vreeslik onpatrioties, my gunsteling musiek is nie juis 'n Afrikaanse "stuk" nie, maar ek is baie lief vir Laurike Rauch se sang, ook vir Johannes Kerkorrel se weergawe van "Al lê die berge nog so blou" ......   hou nie van Sonja Heroldt of boeremusiek nie, jammer Piet!
	
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 186
	Threads: 24
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Het nie 'n gunsteling nie....maar 'n paar
Kyk hoe glinster die maan- Laurika Rauch
Sonvanger-Theuns Jordan
Droomvrou-Lucas Maree
	
	
	
Moenie kwaad gaan slaap nie, bly wakker en baklei
Bird of prey
What you are isn't written down in stone
Lover of all things RED especially wine
''aai aai die witborskraai''
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 3,684
	Threads: 564
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		nee wat
ek hou nogtans van
"Ek verlang na jou"
	 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Sy hele Palet CD maar daar is veral een liedjie op - ek kan nie nou die ding se naam onthou nie maar op 'n stadium dan sing hoe trek "die see haar nagrok aan van blou"  en dit is vir my so 'n ongelooflike mooi woordspeling.
Dan is daar ook 'n liedjie van Koos du plessis - weereens is ek heeltemal clueless oor die naam maar dit gaan basies oor hoe dinge mens vashou in die lewe en dan "skielik is jy vry".
O gaats ek is hopeloos vandag.  Blameer dit maar op 'n lang week van Rekeningkunde doen!!!
Nou is dit naweek.  Jippieeeee
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Die liedjie wat gaan oor die hitte in Suid Afrika - kan net onthou hoe sing hulle "bliksement (sonder die ent) maar dit is warm in Johannesburg!!!
Laat my altyd verlang na die braai in die straat voor ons ingaan om te gaan rugby kyk op Loftus.  Hetsy intervarsity of wanneer die Blou Bulle speel.
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,343
	Threads: 35
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by Surita 
Sy hele Palet CD maar daar is veral een liedjie op - ek kan nie nou die ding se naam onthou nie maar op 'n stadium dan sing hoe trek "die see haar nagrok aan van blou"  en dit is vir my so 'n ongelooflike mooi woordspeling.
Dan is daar ook 'n liedjie van Koos du plessis - weereens is ek heeltemal clueless oor die naam maar dit gaan basies oor hoe dinge mens vashou in die lewe en dan "skielik is jy vry".
O gaats ek is hopeloos vandag.  Blameer dit maar op 'n lang week van Rekeningkunde doen!!!
Nou is dit naweek.  Jippieeeee 
 Surita... jy het my nou daaraan laat dink, ek het al Koos du Plessis se musiek, nog op "Vinyls".... hy het kort voor sy motorongeluk, by ons kom optree en ek het al die "langspeelplate"
Een van my klante het al heelwat musiek vanaf die "vinyl" na cd vir my gedoen, as jy belangstel, laat net weet.
	
 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Ek het sy musiek op CD - daar is 'n reuse CD warehouse naby my ouers se huis in SA en mens kry die Suid Afrikaanse CD's veral die ouer CD's spotgoedkoop.
Ek kom elke keer met nog meer Suid Afrikaanse musiek terug van SA af.  HEt nou al tot Ladysmith Black Mamabazo, Mango Groove en Soweto String Quartet
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 186
	Threads: 24
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by Surita 
Ek het sy musiek op CD - daar is 'n reuse CD warehouse naby my ouers se huis in SA en mens kry die Suid Afrikaanse CD's veral die ouer CD's spotgoedkoop.
Ek kom elke keer met nog meer Suid Afrikaanse musiek terug van SA af.  HEt nou al tot Ladysmith Black Mamabazo, Mango Groove en Soweto String Quartet 
 
waar is die warehouse????
	
 
	
	
Moenie kwaad gaan slaap nie, bly wakker en baklei
Bird of prey
What you are isn't written down in stone
Lover of all things RED especially wine
''aai aai die witborskraai''
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Hi Birdie
Die warehouse in Boksburg - seker omtrent 20 minute van JHB lughawe af.
Sjoe en daar laat ek nou die kat uit die mou - Ja ek erken ek kom van Boksburg af!!
	
	
	
I still love chocolate.