South Africa Info Forums
Jou gunsteling musiek - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+---- Forum: Boeke, musiek en gedigte (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Boeke-musiek-en-gedigte)
+---- Thread: Jou gunsteling musiek (/Thread-Jou-gunsteling-musiek)

Pages: 1 2


Jou gunsteling musiek - Piet Bloubul - 13-01-2004

Wat is jou Afrikaanse gunsteling lied?

Myne is Ou waenhuis en die Soutpansberg setees albei gespeel deur oom Japie Laubsher. Die 2 plate gaan ook eendag op my begrafnis gespeel word.

Wat is jou gunsteling?


Jou gunsteling musiek - Joan - 14-01-2004

Ek is nou vreeslik onpatrioties, my gunsteling musiek is nie juis 'n Afrikaanse "stuk" nie, maar ek is baie lief vir Laurike Rauch se sang, ook vir Johannes Kerkorrel se weergawe van "Al lê die berge nog so blou" ...... hou nie van Sonja Heroldt of boeremusiek nie, jammer Piet!


Jou gunsteling musiek - birdie - 15-01-2004

Het nie 'n gunsteling nie....maar 'n paar

Kyk hoe glinster die maan- Laurika Rauch
Sonvanger-Theuns Jordan
Droomvrou-Lucas Maree


Jou gunsteling musiek - TheDuck - 16-01-2004

nee wat

ek hou nogtans van

"Ek verlang na jou"

Smile


Jou gunsteling musiek - Surita - 16-01-2004

Sy hele Palet CD maar daar is veral een liedjie op - ek kan nie nou die ding se naam onthou nie maar op 'n stadium dan sing hoe trek "die see haar nagrok aan van blou" en dit is vir my so 'n ongelooflike mooi woordspeling.

Dan is daar ook 'n liedjie van Koos du plessis - weereens is ek heeltemal clueless oor die naam maar dit gaan basies oor hoe dinge mens vashou in die lewe en dan "skielik is jy vry".

O gaats ek is hopeloos vandag. Blameer dit maar op 'n lang week van Rekeningkunde doen!!!

Nou is dit naweek. Jippieeeee


Jou gunsteling musiek - Surita - 16-01-2004

Die liedjie wat gaan oor die hitte in Suid Afrika - kan net onthou hoe sing hulle "bliksement (sonder die ent) maar dit is warm in Johannesburg!!!

Laat my altyd verlang na die braai in die straat voor ons ingaan om te gaan rugby kyk op Loftus. Hetsy intervarsity of wanneer die Blou Bulle speel.


Jou gunsteling musiek - Joan - 16-01-2004

Quote:Originally posted by Surita
Sy hele Palet CD maar daar is veral een liedjie op - ek kan nie nou die ding se naam onthou nie maar op 'n stadium dan sing hoe trek "die see haar nagrok aan van blou" en dit is vir my so 'n ongelooflike mooi woordspeling.

Dan is daar ook 'n liedjie van Koos du plessis - weereens is ek heeltemal clueless oor die naam maar dit gaan basies oor hoe dinge mens vashou in die lewe en dan "skielik is jy vry".

O gaats ek is hopeloos vandag. Blameer dit maar op 'n lang week van Rekeningkunde doen!!!

Nou is dit naweek. Jippieeeee
Surita... jy het my nou daaraan laat dink, ek het al Koos du Plessis se musiek, nog op "Vinyls".... hy het kort voor sy motorongeluk, by ons kom optree en ek het al die "langspeelplate"
Een van my klante het al heelwat musiek vanaf die "vinyl" na cd vir my gedoen, as jy belangstel, laat net weet.


Jou gunsteling musiek - Surita - 17-01-2004

Ek het sy musiek op CD - daar is 'n reuse CD warehouse naby my ouers se huis in SA en mens kry die Suid Afrikaanse CD's veral die ouer CD's spotgoedkoop.

Ek kom elke keer met nog meer Suid Afrikaanse musiek terug van SA af. HEt nou al tot Ladysmith Black Mamabazo, Mango Groove en Soweto String Quartet


Jou gunsteling musiek - birdie - 19-01-2004

Quote:Originally posted by Surita
Ek het sy musiek op CD - daar is 'n reuse CD warehouse naby my ouers se huis in SA en mens kry die Suid Afrikaanse CD's veral die ouer CD's spotgoedkoop.

Ek kom elke keer met nog meer Suid Afrikaanse musiek terug van SA af. HEt nou al tot Ladysmith Black Mamabazo, Mango Groove en Soweto String Quartet


waar is die warehouse????


Jou gunsteling musiek - Surita - 19-01-2004

Hi Birdie

Die warehouse in Boksburg - seker omtrent 20 minute van JHB lughawe af.

Sjoe en daar laat ek nou die kat uit die mou - Ja ek erken ek kom van Boksburg af!!