Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Kinder segoed!
#1
Wees gewaarsku!

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is
onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog van
stilsit. Sy strip haarself en trek van die pad af, wiks die twee goed, sit
hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie. Na so
paar minute sê die seuntjie: "Mamma ek wil iets sê" Sy sê: "Net vinnig, want
jy is veronderstel om stil te bly" Sê hy: "Ek wil net vir Mamma sê, Jesus
gaan hiervan hoor!"
************************************************** *
Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my driejarige
ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is. "Ma, jy is besig om vet
te word" sê sy ondiplomaties. "Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het
'n babatjie wat in my maag groei" probeer ek skerm. "Ek weet," sê sy '' . .
. maar wat groei in mamma se boude?"
**************************************************
My dogtertjie was so 3 jaar oud gewees. Ouma het by ons gekuier vir die
naweek. Toe ouma die oggend gaan stort, is die kleinding ook in die badkamer
om met ouma te gesels. Die volgende oomblik kom sy met 'n spoed uit die
badkamer gehardloop en skree : Mamma, Mamma kom kyk!. Ek het geskrik en saam
met haar badkamer toe gehardloop. Toe ons daar kom, sit ouma op die toilet
en aantrek. Sy wys na haar ouma en sê opgewonde : Mamma, kyk net ouma se
groot tietiebottels. **************************************************

Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek. "Die
geheim is," sê hy " . . . is om eers seker te maak dat die hakkie van die
een kant mooi in die ander pas!"
Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'n geheim
wees?"
************************************************** *
Daniël in die leeukuil
Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die gewone
diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en die leeukuil
en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel die dominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk is
tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy haak
kliphard af: "So 'n bl*ksem!" :o
[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie. Het een van
die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers gevra om
asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste een wat regtig
geluister het! ] **************************************************

My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel toe
sy haar derde enetjie verwag. Sy sê toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant
het en dat die babatjie uit daardie saadjie groei. Met 'n vraagteken op haar
voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa my saadjie geplant het - was my gesig
op die pakkie saadjies?" Smile
Reply
#2
:rofl:
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Kinder menings oor die huwelik oe-la-la 0 5,782 23-09-2004, 10:48 AM
Last Post: oe-la-la

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)