12-01-2006, 07:05 PM
Beeld-deurloop
Cecille Cilliers
Kuier ek in die dae voor Kersfees by my vriendin Joanna in Cambridge. Ek is spesiaal soontoe vir haar 82ste verjaardag, dis so 'n ou vriendskap. :friend:
Ons is eie met mekaar, en omdat ek vry tuis is in haar kombuis, neem ek op haar feesdag vir haar ontbyt in die bed: 'n saggekookte eier, twee snytjies roosterbrood, 'n koppie koffie. En gaan in die bitter oggend uit om 'n taamlik verlepte gesiggie uit 'n buurvrou se tuin vir die skinkbord te steel.
As mens alleen woon, is ontbyt in die bed 'n luukse, en Jo is aangenaam verras. Maar alles is nie na haar smaak nie. Klaar aangetrek en reg vir die dag, roep sy my kombuis toe. Kom kyk nou hier, beveel sy, só lyk 'n eierlepel! En wys my 'n meer geronde, minder gespitste lepeltjie as die een wat ek langs haar eierkelkie neergesit het. Toe ek taamlik oorbluf erken dat ek min verskil tussen die twee lepeltjies kan sien, en weinig rede om op die een bo die ander aan te dring, sê sy moedeloos: Dis omdat jy 'n kolonialer is! :haha:
Hier moet ek miskien eers iets uitwys. My ma en haar ma voor haar was kolonialers, uit die Kaapkolonie, in teenstelling met my pa, wat Transvaler was. Maar hoe op deeske liewe aarde kan ek ná meer as drie eeue nog as colonial beskryf word? En dÃÂt omdat ek nie 'n eierlepel kan herken nie? Ek was vir die volgende uur of wat gans onthuts en nog meer in opstand teen die Engelse as tevore.
Maar weer terug hier in Londen kan ek tog sien dat ek uit 'n ander wêrelddeel kom, en moet ek erken dat daar 'n geurtjie van colony om my sweef. Maar om 'n gans ander rede as die blote keuse van 'n eierlepel.
In die maand voordat ek uit Kaapstad weg is, is daar in geesdriftig oor die literêre situasie in Londen geskryf. Hoe die boeke hier gelees word, geresenseer word, deur die lesers bespreek word. Hoedat die literêre toneel hier léwe. En hoe stimulerend dit op die denkprosesse inwerk, én op jou leesgewoontes.
Londen is 'n baie stimulerende stad. 'n Suid-Afrikaanse vriend het onlangs na Engeland (en spesifiek Londen) geëmigreer, en hy's meer as gelukkig hier. Hy blom in die oordaad van keuses, die reuse getal kunsgalerye, die uitstekende boekwinkels, die vertonings en opvoerings wat in hulle dosyne op die planke verskyn, die rolprente wat uit elke moontlike wêrelddeel in teaters draai. Hy's van huis uit stedeling, 'n Johannesburger wat geboue bo bome verkies, wat hier groener geestelike weivelde kom soek het, en dit tot sy groot bevrediging vind.
Miskien is ek van huis uit plattelander - of Afrikaan. Maar my gees word lamgelê deur die spul leesstof wat elke dag op hierdie drumpel verskyn en wat bemoedigend aangedra word: die koerante, die vaktydskrifte, die galery-katalogusse, die nuwe boeke. Hoe bly enige mens op hoogte in hierdie lewendige, besige stad? En wat myself betref, hoe bly mens lewend, by jou volle verstand? Ek dra swaar aan te veel stimulasie, te veel inligting, te veel mense, en te veel lawaai. Ek wil nou huis toe gaan, na die colonial backwater wat Kaapstad is.
En ek weier om skuldig te voel. Ek sal my eier met 'n mes eet, as ek lus is !
affer: