Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Openbarende oomblik.....
#1
Beeld Deurloop: Openbarende oomblik van geluk in huwelik :lovef:

Cecile Cilliers

My naasbure het onlangs hulle silwerbruilof gevier, en ná 'n feesete hier in die klubhuis het hulle twee die dansbaan geopen.

Nou moet daar eers vertel word dat dit vir sowel Brenda as Ivan 'n tweede huwelik is - albei was seer, weerlose mense toe hulle mekaar ontmoet het en ná baie twyfel besluit het om te trou.

En toe kry Ivan twee kort jare ná die troue 'n massiewe beroerte wat hom gedeeltelik verlam gelaat het aan die een kant en in groot mate afhanklik van sy vrou gemaak het.

Met oefening en terapie het hulle teruggeveg: 'n Kwarteeu later bestuur Ivan self sy motor, speel graag rolbal, dien in die bestuur hier waar ons bly en staan sy plek in alle opsigte vol.

En hy dans ook weer. :jive:

Toe hy Brenda die aand op die dansvloer lei, vat sy sy een onseker hand stewig in hare vas en tem haar flinker passies om by sy stadiger skuifelgang aan te pas.

Vir my was dít 'n openbarende oomblik van liefde in die huwelik.
Verlede week skakel Brenda se broer: hulle ou moeder is siek, tot sterwens toe, en dogter en skoonseun haal die vliegtuig Natal toe, waar hulle nog betyds is om haar te sien voordat sy sterf.

En natuurlik moet aanbly ter wille van die gedenkdiens en die verassing.
Brenda se ma wou naamlik haar as in die Kaap gestrooi hê, en daar is glo 'n waglys (of so iets) by die krematorium. :rip:

Maar eindelik is die as beskikbaar en Brenda en Ivan word deur die familie lughawe toe geneem om die vliegtuig terug Kaapstad toe te haal.
Die hele week was Ivan ongedurig. Hy's vol pyne van die Natalse weer, sê hy, en dis natuurlik ook omdat hy nie rolbal kan speel nie.
Hy kort sy oefening om fiks te bly . . .

Brenda bly geduldig, maar toe hulle die lang pad van die parkeerarea na die lughawegebou aanpak, begin sy kriewelrig raak.

Sy is nie onsimpatiek nie, weet hy het dikwels erge pyn, maar sy het nie besef dat as so swaar is om te dra nie.

En Ivan kies nou juis vanoggend om die verskriklikste voetpyne te ontwikkel. Die pyn is kennelik eg, sy gesig vertrek met elke tree en hy moet kort-kort rus. Brenda vrees naderhand dat hulle nooit betyds by die deurgang sal aankom nie.

En sy is alleen verantwoordelik vir die waentjie met die tasse en die kissie met die as, om die familie te groet, te sorg dat die kaartjies reg is en om 'n rolstoel te kry. Ivan kan buitendien nie by die hoë trappe uit nie, en van dag is daar geen sprake van nie, die arme man kan kwalik loop.
Eindelik sit hulle in die vliegtuig en Brenda kan begin ontspan, al ys sy nou al vir die aankoms in Kaapstad.

Sy voete is só seer, sê Ivan, wil sy nie asseblief probeer om sy skoene uit te trek nie - dan kan sy hulle weer aantrek net voordat hulle land.
Ewe geduldig hurk Brenda in die paadjie en trek Ivan se skoene uit. En uit die twee skoene val die opgerolde kouse wat hy die vorige aand in sy skoene gedruk het en skoon van vergeet het. :duh: En waarteen sy tone die ganse tyd moes beur. :haha:

Dat hulle nog getroud is, is na my mening 'n tweede openbarende oomblik van liefde in die huwelik. :hartlik:

Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Brood en kaas en 'n oomblik van die hemel Pronkertjie 0 3,665 07-05-2005, 06:19 PM
Last Post: Pronkertjie

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)