Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Plotseling kry menseheugenis nuwe dimensie
#1
Beeld-deurloop
Cecile Cilliers

Slapeloos, nou die nag, skakel ek in op die deurnagdiens van SAfm, wat nuus vanoor die hele wêreld uitsaai. In die tyd dat ek geluister het, was eers Pole aan die beurt en toe Swede.

Klink na 'n oninteressante land, Swede. In só 'n bykans ideale samelewing, waar alles en almal tot korrektheid gedwing word, neig dit myns insiens na vaalheid .

Daarby het Swede ook nog die onnatuurlike seisoene . Dis geen wonder dat so baie Swede in die winter die son in eksotiese bestemmings gaan opsoek nie. As gevolg waarvan, word ek in die vroemôre-ure wys, Swede van al die Europese lande die meeste mense in die tsoenami van 26 Desember verloor het. Amper 500, vertel die omroeper, en van hul le is meer as 150 nog nie gë?dentifiseer nie. Dit is dan ook waaroor die insetsel gegaan het - die opspoor en identifikasie van vriende, familie, geliefdes.

Krakatoa het in 1883 uitgebars en 36 000 mense het in Java en Sumatra in die gevolglike tsoenami gesterf. Omdat die fyn stof en as van die uitbarsting deur hoë winde etlike kere om die aarde gedryf is, was daar skouspelagtige sonsondergange dwarsoor die wêreld te sien.

Hoe lank, het ek toe gewonder, bly die verliese, die herinnering aan só 'n verskriklike natuurramp, nog in die mens se geheue natril? Die begrip "menseheugenis" (die grootste ramp in menseheugenis) bekom plotseling 'n nuwe dimensie. Hoe lank bly jy onthou, en wat onthou jy - jy wat tweede-, derdehands ervaar, en jy wat die verskrikking aan eie lyf gevoel het? Vir meer as 'n jaar is mense elke aand aan Krakatoa herinner, het vlammende sonsondergange die dood van die slagoffers gedenk - herinnering op groot skaal.

In eie kring kan die onthou wel knusser wees, maar nie minder seer nie. Neef George, wat sy vrou in die tsoenami verloor het, vertel nou die aand 'n klein ironiese verhaal waaroor ons moes huil én lag. Sy vrou, sê hy, had 'n uitstekende oog vir 'n mooi ding, met die bykomstige gawe om voorwerp en ontvanger sekuur by mekaar uit te bring. Deur die jaar het sy altyd mooi dinge versamel om op verjaardae of met Kersfees die keurig toegedraaide geskenk vorendag te bring.

Ná haar dood kry hy in die laai twee geskenke wat hy nie kan identifiseer nie, maar toe hy binne loer, besef hy onmiddellik dat dit vir swaer Pieter bedoel is - die koffie en sjokolade is in die kol. Die ander geskenk is tafellinne, daaroor voel hy nie so seker nie.

Met Pieter se verjaardag word die lekkergoed oorhandig en word inderdaad baie goed ontvang. Maar die niggie langs hom aan tafel word skielik stil, en kyk verwonderd toe die geskenk oopgemaak word.

Later roep sy vir neef George eenkant: Was daar nie nog 'n geskenk by die koffie en skololade nie, vra sy. In dieselfde soort papier toegedraai? Ja, antwoord hy. Hoe weet jy dit? Die lag breek deur, én die trane. Dit was júlle geskenke, sê sy, van óns. Vir Kersfees. Die koffie en sjokolade vir jou en die servette vir Dillie. Maar sy het dit toe nooit saamgeneem Ooste toe vir Kersfees nie . . .

Wel, wat die lekkergoed betref, lag George tranerig, is die koeël deur die kerk, maar ten minste weet hy nou vir wie die servette bedoel was . . .
Sonsondergang is dit nie heeltemal nie, maar darem.



:daisy:
Reply
#2
Soos altyd,dankie vir die Cecile Cilliers se vertellinge, weet nie hoe jy dit in die hande kry nie, ek het dit altyd Donderdae in die Beeld gelees.

Geniet die tyd in Skotland!

:high


Dinsdag begin ek weer werk toe stap, verlede jaar my enkel geswik, nou die dag het die jeugdiges die poliesman aangeval en het my geliefde my die aand kom haal, maar van oormore af, stap ek weer, kan net goed vir die hart, longe en gewig wees... Confusedtep: :bike:
Dalk moet ek 'n fiets koop, heelwat mense ry fiets hier rond...
Reply
#3
Joan Wrote:Soos altyd,dankie vir die Cecile Cilliers se vertellinge, weet nie hoe jy dit in die hande kry nie, ek het dit altyd Donderdae in die Beeld gelees.

Geniet die tyd in Skotland!

:high


Dinsdag begin ek weer werk toe stap, verlede jaar my enkel geswik, nou die dag het die jeugdiges die poliesman aangeval en het my geliefde my die aand kom haal, maar van oormore af, stap ek weer, kan net goed vir die hart, longe en gewig wees... Confusedtep: :bike:
Dalk moet ek 'n fiets koop, heelwat mense ry fiets hier rond...


Joan.... ek kry dit so met 'n ompad.... al die pad van Amerika af! 'n Vriendin stuur dit vir my aan. Smile

Lekker werk toe stap!

Liewer nie 'n :bike: vir my nie.

:daisy:
Reply
#4
Pronkertjie Wrote:Joan.... ek kry dit so met 'n ompad.... al die pad van Amerika af! 'n Vriendin stuur dit vir my aan. Smile

Lekker werk toe stap!

Liewer nie 'n :bike: vir my nie.

:daisy:
Wel Pronkertjie, hou aan om dit aan te stuur asb, ek geniet dit altyd baie

Ek het laas lang pad met die fiets in Holland gery, vanaf Roelofsarendsveen tot Leiden en terug, my bene het eers drie dae daarna geklae!!



Dit was ook al tien jaar gelede!!!
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  'n Hele nuwe wereld... Surita 2 4,089 29-07-2006, 07:24 PM
Last Post: Pronkertjie
  Nuwe aanmelding SA_Swiss 0 4,297 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)