Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Tuisgebakte beskuit...
#1
Ek het onder andere die lekkerste tuisgebakte beskuit gekry saam met al my lekker pakkies toe my seuns kind gister terug gekom het van sy kuiertjie in SA. Dog ek deel die met julle.... Smile

Die versie het my Ma saam gestuur met die beskuit...
8 stappe om tuisgebakte beskuit te geniet:

* kry die tee skinkbord gereed
* vergeet gewig probleem - indien sodanige probleem bestaan!
* as jy dalk verlang - draai oop die trane kraan
* skink in geurige koppie tee
* doop beskuit versigitg daarin
* hou nietemin matigheid voor oe
* geniet dit
* dink aan jou mense in sonnige SA


Nodeloos om te se nou verlang ek darem lekker huis toe!!
Reply
#2
Oulike Ma wat jy het! Smile

:daisy:
Reply
#3
Ek dink ook so Pronkertjie! En ek het heerlik weggele aan die beskuit saam met my oggendkoffie! Big Grin
Reply
#4
Quote:Originally posted by oe-la-la
Ek dink ook so Pronkertjie! En ek het heerlik weggele aan die beskuit saam met my oggendkoffie! Big Grin


... en nie so oulike GlobalBuzz vriendin wat daaroor brag nie :p

:daisy:
Reply
#5
Quote:Originally posted by Pronkertjie
... en nie so oulike GlobalBuzz vriendin wat daaroor brag nie :p



:jester: :haha:
Reply
#6
Ag alte lekker! As my mams vir my so briefie geskryf het so ek darem maar so baie getjank het! :haha:
Geniet die beskuit, ek verlang sommer nou na my mams se lekker beskuit
Reply
#7
:bigcry: my beskuit is alles op! Sad
Reply
#8
Quote:Originally posted by oe-la-la
:bigcry: my beskuit is alles op! Sad


Ag shame Oe! Ek het net Saterdag vir my die Ouma volgraan beskuit gekoop, maar dit is maar net nie dieselfde as my mams s'n nie. Dankie tog ek gaan oor twee weke huistoe!
Reply
#9
Quote:Originally posted by Dolla
Ag shame Oe! Ek het net Saterdag vir my die Ouma volgraan beskuit gekoop, maar dit is maar net nie dieselfde as my mams s'n nie. Dankie tog ek gaan oor twee weke huistoe!


Ai Dolla jy moet daai vakansie huis toe terdee geniet hoor! Ek het resep so sal maar net moet self bak, maar net die idee dit was my Ma se baksel.... Smile
Reply
#10
Quote:Originally posted by oe-la-la
:bigcry: my beskuit is alles op! Sad


Jammer Oe.... dit kan darem ook nie vir ewig hou nie. Miskien moes jy 'n stukkie geraam het Smile
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)