Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Vreemde Blou Trappers
#1
Ek wil só graag agter die spitsoortjie vroetel en oor die koppie streel, van Brakkies, die swart plaashondjie met die een spitsoortjie en die een flapoortjie. Maar Brakkies blaf elke keer verwoed as ek my voete uit die huis sit en bly op ‘n veilige afstand. Poeierstoffies hang agter hom soos hy koes wanneer hy vergeet het om sy afstand te hou. Nee wat, ons is stomgeslaan, want hy ken my mos en buitendien blaf hy nie sommer nie!

Toe gebeur dit.
Dolla klim ewe trots uit die motor met die nuwe blou beesleersstewels wat handgemaak is by die fabriek op Marble Hall. Trots en baie bewus, skop sy so met hulle om die voel te kry... Maar vervaard vlieg sy terug in die motor toe haar plaasmaatjie, Brakkies, ewe skielik histeries aan die blaf gaan! Knipogig vir die vreeslike lawaai, hande oor die ore, bly sy sit…Verstaan nou nie so mooi wat aangaan met dié maatjie wat altyd maar net regsit vir haar omhelsing en nat soene nie.

Dan skielik, verstaan ons wat gebeur Â…..
Brakkies ruik die nuwigheid – beesleer, en loop draaie om Dolla se vreemde blou trappers en my swartes. Dis nog nie bekendheid op sy plaaswerf nie en hy moet sy werf beskerm teen hiérdie vreemde blou bedreiging.

Nés Pa – gaan deur sy eie skrik vir vreemde blou trappers.

Gebore hier op die plaas op die Springbokvlakte en grootgeword by die turfpannetjie by die huis met die twee grasdakrondawels, die ou huis met nog amper net die fondasie oor. Hy kan mooi beduie waar die kombuis met die houtstoof was, die stoepie waar Oupa se bed later jare gestaan het, Ouma se kamer, waar Koelie, wat in die kombuis gewerk het, gebly het. En die beeste, die dieseltrekkers en die lande …Van die brakwater en drinkwater wat aangery moes word. Eintlik moes hy die familieplaas erf ná Oupa se dood, maar elke familie het sy verhale … Wye draaie het hy geloop met die droom van ‘n stukkie grond in sy hart. Nou leef hy van houtsaag en sakkies pak, krippe vol water hou, lyndrade inspekteer, wild voer – nié as baas van die plaas nie, maar as bywoner op sy broer se plaas, die familieplaas. Sy begeerte nóú, om ééndag kop neer te lê langs Oupa en Ouma, onder die ou groot Apiesdoring wat hy geplant het met Oupa se dood. Intussen het die boom grootgeword en die skadu wag …die kliphuis op die hoek van die plaas word sommige nagte baie donker wanneer die asem kort raak en die gekneusde hart moeg, van siekte, sukkel en teleurstelling. Nou is dit nog net pak en intrek by die kinders met hulle kinders, in die dorp, met mure om die huis – ander man se huis. Hy blaf omgekrap vir hierdie vreemdheid; inperking; rook snags sy pyp op die stoep; loop draaie om die gedagte – praat van afstel en bly uitstel.
Máár, hoop op versorging vir ma en haar geluk by kinders en kleinkinders, maak dat hy kom lê by dié vreemde blou trappers en stadig maar seker begin vrede maak met hulle vreemde reuk om later selfs met hulle saam te stap op onbekende paaie, dit sy plaaswerf te maak in die wete dat God sal sorg.

Onthou nog goed my eie skrik vir vreemde blou trappers,
die finale stap van trou, “for better or worse”,
vir ander man se werf myne maak vóór ons verhuis het na België.
Só kan ek hulle opnoem – dié vreemde blou trappers, gróót lawaai en dan uiteindelik, rustig gaan lê in die wete God sál sorg.
Reply
#2
Haai Hantam....

Toe ek die titel sien dag ek so ewe jy gaan skryf van 'n paar blou krokkodille! Smile (Crocs)

Dankie vir jou storie...... lekker om te weet ons sien jou op 'n Saterdagmiddag.

(My boek - ja gasvryheid Smile )

:jive:
Reply
#3
Hantam, Wat kan ek se - jy MAG maar skryf - dit is altyd lekker om jou storietjies te lees :read: - doe so voort! :beg:
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Blou dampe en later was daar net niks Pronkertjie 0 4,534 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 2 Guest(s)