22-12-2006, 09:51 AM
Dana Snyman
Dit was Oukersaand en ek was op Ventersdorp. Ek en my pa en stiefma het by die kombuistafel geëet en gesels en geluister hoe sing Randall Wicomb Griekwapsalms oor my pa se Made in Taiwan-CD-speler.
Later toe gaan slaap die oumense. Toe gaan sit ek buite in die donker, maar toe wil ek nie alleen wees nie, toe stap ek onder die straatligte en die vlieënde torre en goggas deur na die Madeira Kafee op die hoek. Rian was op sy pos, soos gewoonlik. Ek het op ’n omgedraaide koeldrankkissie by hom agter die toonbank gaan sit. Ek sit graag by Rian in die Madeira, want as jy daar sit, sien jy stories wat vlees geword het.
Jy sien ook vir John die petroljoggie van die Shell-diensstasie inkom met sy trotse, nuwe, wit jas waarop staan: Fuel Advisor. (Dis skynbaar wat petroljoggies deesdae genoem word.) Jy hoor ook hoe groet Japie van die garage: “Goed, kêrels, ek hoop julle geniet die aand. Ek gaan beslis my kant bring.Ââ€
Op Oukersaand kom daar baie mense by Rian se kafee in, want Oukersaand is nie vir almal Game-Kersbome en Clicks-blinkertjies en gaan-haal-ouma-uit-die-ouetehuis en Â’n plastiek Josef en Â’n plastiek Maria en Â’n plastiekbabatjie in Â’n plastiekkrip en Â’n nuwe quad bike in die motorhuis nie.
Oukersaand is vir baie mense sit in busse of ou karre of agterop bakkies op pad huis toe, want hulle moes nog tot laatmiddag iewers in die stad werk.
Baie sulkes hou op Oukersaand by Rian se kafee stil: Om petrol by die Shell langsaan in te gooi, om bene te rek, om Â’n vinnige russian en chips, Â’n Coke of Â’n piesang of twee te koop. En miskien Â’n rookding: “Two loose draws, please, boss.Ââ€
Ek en Rian het darem elkeen Â’n biertjie daar agter die toonbank byderhand gehad.
Ook het ’n bus het daardie Oukersaand by Rian se kafee stilgehou. Dit was ’n ou International vol moeë mense, met bondels goed op die dak: matrasse, ’n trapfiets, tafels, stoele, en ’n slagbok wat blêr.
Party van die passasiers het goed kom koop, met blink ZCC-sterre op die bors; en hulle was nie juis vrolik nie, en nêrens het Jingle Bells weerklink nie.
Later was almal weer terug in die bus, en toe wil die bus nie vat nie. Daar het net sulke blou dampe by die uitlaatpyp uitgeborrel, en toe, later, was daar net niks nie.
Een vir een het die mense weer by die bus uitgesukkel terwyl die bestuurder by die enjin instaar en sy kop skud en allerhande dinge skreeu vir allerhande mans wat net so min meganiese kennis as hy had.
Party het nog russians en piesangs en loose draws in die Madeira kom koop. Ander het op die sypaadjie by die bus gaan sit. Daar was ook kinders en Â’n baba vasgemaak in doek aan Â’n ma se rug.
Miskien was dit omdat die kerkklok straataf twaalf keer geslaan het, maar later het die mense begin sing. Ek weet net ek en Rian het daar agter die toonbank gesit en toe is daar hierdie stemme buitekant – hierdie ietwat weemoedige stemme.
Hulle het Stille Nag gesing, daardie stemme. In Sotho of Tswana of Â’n taal wat ek nie verstaan nie.
Hulle het Stille Nag gesing terwyl daardie baba agterop die ma se rug begin huil en die sterre laag oor Pep Stores oorkant die straat hang.
Bron: Beeld Deurloop