South Africa Info Forums

Full Version: Déménagement of sommer net trek
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Dit klink só mooi vloeiend, gemaklik, rustig en sonder probleme …

Toe ons ons ou paar tassies en boksies persoonlike ditsempies en datsempies die smal houttrappe opdra na die vierde vloer, dag ek by myself, hiér bly jy om te bly. Hoe kry jy enige meubels en goete hier opgedra en by die smal deure in, praat nie eers van uit nie! Seker ook dié dat die kontrakte vir huishuur niks minder as 3, 6 en 9 jaar is nie. Vooruit gedink, dié Belge!

Geniaal, sê ek jou!
Binne ’n ander halfuur is die proses afgeloop en kyk ons na deurskynende vensters wat sê, ’n hoofstuk is rustig afgesluit.
Laat my dink aan Lolypop padkaffee buite Pretoria, waar ons as studente uitgehang het op ’n Sondagaand ná die naweek - flytige kelners met uitgestrekte arm wat die volgelaaide, plat skinkbord, pienk milkshakes, roomys in ’n bakkie of sommer net slap chips en worsies by die motorvenster inskuif.
Die hidroliese arm met die plat skinkbord, gelaai met swarighede en lywighede, beweeg stadig en geluidloos van bo na onder en geoefende laaihande pak dit vinnig weg in die wa. Eienaars hang nou en dan belanghebbend oor die
balkon ...
Déménagement – ja, so móét dit wees.

Vir die stil, kantgordyn-bure moes óns trek, dae later ’n saggies-oor-die-heining mondvol gewees het: ‘n ou geleende afleweringstrokkie met té klein deure, hordes oud en jong lawaaierige helpers, motors en sleepwaens, kinders wat onder die matrasse uitkruip en ’n stil voëltjie! Geen hidroliese armpie nie, maar bultende spiere en vindingrykheid om alles horisontaal, vertikaal en hoe ookaal, deur die smal deure te forseer, kronkeltrappe af, oor die balkon met toue, en weer op. ’n Dag se sweet, swets en karakterbou om aand se kant, stokflou, ketel en bed te soek...

Ek droom van ‘n té-klein bakkie met skewe-oog lig wat nou en dan knipoog van die swaar vrag familie, almal agter in gelegkaart. Bo-op, ’n gevaarlike skuins-kuif van matrasse, silwer bad, plastiek skottel, afgeleefde stoelle en windverwaaide hoenders. Iewers oppad tussen Naboom en Pietersburg .....
Toe ek wakker word,
wonder ek, of hulle ook attitudes moet uitsorteer aan die einde van die dag!
Angel
Ek geniet jou poste Hantam - doe so voort! :worthy:
So 'n trekkery klink so bekend. Toe ons in 2000 vanuit Johannesburg na Basel, Switserland getrek het en ons container met alles wat kosbaar en eie was gelewer word, was ons net so opgewonde! Die firma wat die trek hier hanteer het, het 2 frisse kerels gestuur om te help. Natuurlik was ons meubels heeltemal te groot, te swaar en te veel. Hulle het na 'n uur nog 2 knape bestel en uiteindelik kon feitlik alles opgedra word. Hulle het omtrent gesweet, was totaal uitgeput en het gese dis altyd die probleem met Suid-Afrikaners. Nadat hulle weg is, moes ons self 'n venster uithaal en die king-size bed en kopstuk ophys. 'n Hele paar geinteresseerde kyke van die bure gekry. Daar het ek gese bly ons vir 'n hele ruk, het eenvoudig nie kans gesien om so iets nogmaals te moet deurstaan nie.

Vier jare later het ons 'n praghuisie in 'n aangrensende dorp gekry en het die kans met beide hande aangegryp. Problem was net dat die firmas ongelooflike pryse gevra het. Toe vriende egter hoor dat ons wil uittrek, het ons genoeg aanbiedinge vir hulp gekry. Ons was geheel en al verras! 'n Paar vroue van die kerk het hulleself organiseer, die een het die kinders kom haal, die ander inventaris opgestel van alles wat gedoen moet word (hier moet 'n mens die plek ordentlik skoonmaak as jy uitgetrek het), die ander het 2 spanne van vrouens gereel vir uitpak by die nuwe huis en skoonmaak by die ou een. 'n Ander familie het vir ons en almal wat kom help het middag- en aandete gereel. Ek het nog 3 studente by die universiteit gereel om te kom help - en tot ons verbasing het daar actually baie meer gereageer op my advertensie. Ongelooflik!

Déménagement was dit beslis, maar soos die Switsers nou maar is, was alles perfek georganiseer. Omdat ek probleme met my rug gehad het, kon ek feitlik niks dra nie, maar daarvoor moes ek die 3-tonner bestuur. Daar was nie altyd plek in die trok nie, so almal is in 2 groepe gedeel - een by ou huis, een by nuwe huis. Alles reggeskuif en georden, sodat ons glad nie na enigiets hoef te gesoek het nie. ONGELOOFLIK! Uitgeput was ons beslis, maar 'n lekker uitgeput. By die nuwe huis was alle meubelstukke wat ons sedertdien hier gekoop het, weer aanmekaar geslaan, skottelgoed wat met koerantpapier toegewikkel was, uitgepak en gewas en sorgvuldig in die kaste gepak en almal papnat gesweet. Daardie aand was die aandete 'n lekker braai en snaaksgenoeg het elkeen sy eie vleis gebring en die dames het dit amper so gebraai soos ons dit gewoond was. Ons eerste behoorlike braai!

Déménagement beteken vir ons soveel meer as net verlorene goed, sweet en moeite - dit beteken ook dat ons regtig goeie vriende gemaak het en dat ons nie alleen in die wereld is nie. Die feit dat dit gelyk het soos die Israeliete uit Egipte maak nie saak nie, ons het aangekom!
Mmmh, baie lekker poste hierie !!!!

'n Trekkery is altyd maar 'n gedoente, maar in 'n vreemde land net soveel erger ??

Moet erken - toe ek die topic vannie thread "demenagement" lees - het ek eers gedink dit het iets met SA se politieke situasie uit te waai ..........
:rofl:

Nadat ons in '96 na USA emigreer het, was dit ook maar 'n storie !!! Dis mos maar vreeslik om jou hele lewe so op te pak. Daar aangekom in 'n gemeubileerde woonstel gebly met net ons eie klere - en gewag vir die container.

Die afwagting en opgewondenheid toe dit eindelik arriveer !!! Alles het so splinternuut gevoel - van Ouma se wakis tot by Rosatjie, my ou Lappop wat ek gekry het die dag toe ek gebore is !!! En ja, ek is so regte Clutter Queen - so dit was werklik 'n WA-VRAG !!! Ons het hulp by 'n company gehuur om te help met die draery - en eers teen die aand uitgevind dat dit 4 convicts was -skrik kom altyd te laat - he he he !!!!

Nou, terug vir amper 7jr - is hier al weer 'n hele spulletjie verder vergaar - dit sal nooit weer in enige container of trek-lorrie inpas nie - so hier sal ek moet bly tot die dag wat ek lang-boompies toe trek ................. :p
Jou vertellinge in werkilik kosbaar Hantam, doen so voort!
Sterkte met die getrek, dis enige en alle tyd maar nie maklik nie!


:yikes: