25-02-2006, 03:46 PM
Dit klink só mooi vloeiend, gemaklik, rustig en sonder probleme …
Toe ons ons ou paar tassies en boksies persoonlike ditsempies en datsempies die smal houttrappe opdra na die vierde vloer, dag ek by myself, hiér bly jy om te bly. Hoe kry jy enige meubels en goete hier opgedra en by die smal deure in, praat nie eers van uit nie! Seker ook dié dat die kontrakte vir huishuur niks minder as 3, 6 en 9 jaar is nie. Vooruit gedink, dié Belge!
Geniaal, sê ek jou!
Binne ’n ander halfuur is die proses afgeloop en kyk ons na deurskynende vensters wat sê, ’n hoofstuk is rustig afgesluit.
Laat my dink aan Lolypop padkaffee buite Pretoria, waar ons as studente uitgehang het op ’n Sondagaand ná die naweek - flytige kelners met uitgestrekte arm wat die volgelaaide, plat skinkbord, pienk milkshakes, roomys in ’n bakkie of sommer net slap chips en worsies by die motorvenster inskuif.
Die hidroliese arm met die plat skinkbord, gelaai met swarighede en lywighede, beweeg stadig en geluidloos van bo na onder en geoefende laaihande pak dit vinnig weg in die wa. Eienaars hang nou en dan belanghebbend oor die
balkon ...
Déménagement – ja, so móét dit wees.
Vir die stil, kantgordyn-bure moes óns trek, dae later ’n saggies-oor-die-heining mondvol gewees het: ‘n ou geleende afleweringstrokkie met té klein deure, hordes oud en jong lawaaierige helpers, motors en sleepwaens, kinders wat onder die matrasse uitkruip en ’n stil voëltjie! Geen hidroliese armpie nie, maar bultende spiere en vindingrykheid om alles horisontaal, vertikaal en hoe ookaal, deur die smal deure te forseer, kronkeltrappe af, oor die balkon met toue, en weer op. ’n Dag se sweet, swets en karakterbou om aand se kant, stokflou, ketel en bed te soek...
Ek droom van ‘n té-klein bakkie met skewe-oog lig wat nou en dan knipoog van die swaar vrag familie, almal agter in gelegkaart. Bo-op, ’n gevaarlike skuins-kuif van matrasse, silwer bad, plastiek skottel, afgeleefde stoelle en windverwaaide hoenders. Iewers oppad tussen Naboom en Pietersburg .....
Toe ek wakker word,
wonder ek, of hulle ook attitudes moet uitsorteer aan die einde van die dag!