Ses slapies - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Ses slapies (/Thread-Ses-slapies) Pages:
1
2
|
Ses slapies - oe-la-la - 16-03-2005 Nog net ses slapies voor ons Kaap toe vlieg :hooray: Ek kan behoorlik nie meer wag nie!! Ses slapies - Icecub - 16-03-2005 oe-la-la Wrote:Nog net ses slapies voor ons Kaap toe vlieg :hooray: Ek kan behoorlik nie meer wag nie!! ai jai jai....ons vleig volgende Vrydag....Good Friday.....and ja ek is baie opgewonde.....:hug: waar in die Kaap gaan jy??? Ses slapies - oe-la-la - 16-03-2005 Morning cubbie Ons land 23.00 Dinsdag nag...slaap in Bothasig by familie en kuier oral rond tot Vrydag. Dan vroeg-vroeg Goeie Vrydag vertrek ons Karoo toe na my ma-le...paasnaweek daar. Van daar af KKNK (Klein karoo Nasionale kunstefees) toe om gou 'n paar shows en goed in te werk. Van daar af Mosselbaai toe na my ousus...en dan kuier ons die heeltyd kuslangs tot so ver as PE by al die familie en broers en susters. Help nogal as almal so op 'n streep bly! Net my ouboet wat in Klerksdorp bly..maar hy is in Italie terwyl ons in SA is Vir hoe lank bly julle? Ons vlieg weer 14 April terug Ses slapies - Icecub - 16-03-2005 oe-la-la Wrote:Morning cubbie dit klink heerlik...:hug: ons bly in Kaapstad vir een week dan vlieg ons Joey's toe - is daar vir een week dan vlieg ons weer terug hier.....ons is terug die 10 April.... geniet jouself, die Klein Karoo klink heeltemal heerlik....:thumbs: Ses slapies - oe-la-la - 16-03-2005 Soos jy sê ek is al so opgewonde moet myself net inhou! Geniet julle vakansie ook en veilig reis! :hug: Ses slapies - Pronkertjie - 16-03-2005 Ek wou wat wou gee om net ses slapies te kon aftel .... ek is jaloers op julle. Ek wou wat wou gee om SA toe te kan gaan.... al was dit net vir 'n lang naweek! Geniet dit julle twee! :thumbs: :daisy: Ses slapies - oe-la-la - 16-03-2005 Pronkertjie Wrote:Ek wou wat wou gee om net ses slapies te kon aftel .... ek is jaloers op julle. Dankie blommetjie Ek was twee jaar laas daar toe dit my Ma-le se 50ste huweliksherdenking was! Ses slapies - Strawbs - 16-03-2005 30 slapies vir my! :cheer: Ses slapies - oe-la-la - 16-03-2005 Strawbs Wrote:30 slapies vir my! Lekker! Geniet jou kuier hoor! :cheer: :cheer: Ses slapies - Strawbs - 16-03-2005 oh vrek.. ek sal hierdie probeer in Afrikaans te skryf! :wall: ja, ek kan nie wag nie..... dit was 3.5 jare gelede dat ek my ma laste gesien :bigcry: Ek dink daar sal groot snot en trane wees. wooohoooo .. ek praat die taal :cheer: net 'n bietjie |