Lewensraad - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Lewensraad (/Thread-Lewensraad) Pages:
1
2
|
Lewensraad - Pronkertjie - 11-08-2004 As jy nie kan spel nie, help dit nogal om lelik te skryf. Leer uit ander se foute. 'n Mens leef nie lank genoeg om al die foute self te maak nie. Waar daar 'n wil is, is daar 'n wil nie. As die skoen jou pas, is hy nie op die uitverkoping nie. 'n Seun moet jy nes 'n skoen behandel. As hy jou druk, trap hom uit! Eet gesond. As jy elke dag gesond eet, sal jy gesond doodgaan Help om ons standbeelde skoon te hou. Eet elke dag 'n duif. Moenie uitstel nie! Doen dit more. Lewensraad - Dolla - 11-08-2004 :haha: Baie oulik Lewensraad - oe-la-la - 11-08-2004 Dis goed! Lewensraad - Surita - 11-08-2004 Ek gaan dan maar moet begin om lelik te tik want partymaal laat my spelling my heeltemal in die steek. Dankie tog vir spellcheck!!! Lewensraad - oe-la-la - 11-08-2004 Quote:Originally posted by Surita Ja dis nogal 'n ding met die rekenaars deesdae...geen lelike skrywery nie! Lewensraad - Joan - 11-08-2004 Quote:Originally posted by Pronkertjie Gaan die twee dan sommer hand aan hand?? Sal baie mense moet kry om ons te kom help duiwe eet daar in Sedgefield..... die stoep moet altyd goed afgeskrop word... Lewensraad - oe-la-la - 11-08-2004 Quote:Originally posted by Joan ...daai stoep moet maar liefs vuil bly - maar duiwe eet... yuck! Lewensraad - Joan - 11-08-2004 Quote:Originally posted by oe-la-la Haai OLL, ek is seker daarvan onse Pronkertjie gaan die lekkerste duifpastei resepte opsoek.... :rofl: :rofl: Smaak dalk soos hoender! Daai duiwe by ons lyk omtrent soos kalkoene wat vlieg, sonder die lel onder die ken , natuurlik... sulke massiewe dik vet duiwe... Lewensraad - Tania - 11-08-2004 My pa het a hele lys vissermans-tipe lewensraad gehad. Nie dat hy n visserman was nie, hy was net slim. n Paar wat ek kan onthou is: Hou jou eie lyntjie dop. Klein hoekies kannie grootes vang nie. Sinkers dien ook n doel. Vrot aas lok haaie. Geduld is meer werd as tegniek Dis nie jou skuld as jou hoek vassit nie. Sny jou lyn. (Cut your ties) ens. Lewensraad - Pronkertjie - 11-08-2004 Ek het op Google vir 'n duif pastei resep gesoek, en toe kom ek op hierdie ongelooflike inligting af..... van Jan van Riebeeck se kombuis en meer. As jy meer wil weet van Seekoei frikkadelle is dit net vir jou... lees hier Geniet dit! :daisy: |