South Africa Info Forums
Swem saam met dolfyne - Printable Version

+- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums)
+-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources)
+--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans)
+--- Thread: Swem saam met dolfyne (/Thread-Swem-saam-met-dolfyne)



Swem saam met dolfyne - Joan - 13-01-2004

Wie het dit al in SA gedoen, daar in Heroldsbaai of enige ander plek, gewoonlik êrens op die tuinroete...


Swem saam met dolfyne - Surita - 15-01-2004

Hi Joan

ek het dit nie in Suid Afrika gedoen nie maar wel in die Bahamas.

Dit is nogal 'n ongelooflike ondervinding maar ek was regtig nogal in twee geskeur terwyl ek dit gedoen het want ek is heeltemal daarteen om diere gevangene te hou en hier betaal ek om saam met diere wat in gevangeneskap gehou word te swem.

Wel dit was beslis die moeite werd al is dit net vir die ondervinding.


Swem saam met dolfyne - Bushbaby - 15-01-2004

Mens kan dit ook in Egipte doen - en die dolfyne is wild. Ek wil dit graag later die jaar of vroeg volgende jaar gaan doen. Glo kan 'n mens ook saam met dolfyne swem in Hawaii.


Swem saam met dolfyne - Joan - 15-01-2004

Quote:Originally posted by Bushbaby
Mens kan dit ook in Egipte doen - en die dolfyne is wild. Ek wil dit graag later die jaar of vroeg volgende jaar gaan doen. Glo kan 'n mens ook saam met dolfyne swem in Hawaii.
Kan dit glo in Herolds baai doen, het dit nog nooit self gedoen nie, is net nooit daar wanneer die dolfyne daar is nie. wil dit nog doen, soos wat ek nog altyd wou "scuba dive"


Ai, ons oumense darem....


Swem saam met dolfyne - spam - 18-01-2004

Daar is heelwat plekke waar dit gedoen kan word. Egipte, Israel, VSA en suide Afrika. Net solank dit in die regte plekke gedoen word met regte opgeleide gidse met die regte maatreels, anders is die ervaring nie van die beste nie.