![]() |
Afrikaanse Vertaling - Printable Version +- South Africa Info Forums (https://globalbuzz-sa.com/forums) +-- Forum: Your Resources (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Your-Resources) +--- Forum: Praat Afrikaans (https://globalbuzz-sa.com/forums/Forum-Praat-Afrikaans) +--- Thread: Afrikaanse Vertaling (/Thread-Afrikaanse-Vertaling) |
Afrikaanse Vertaling - Tania - 17-06-2004 OK, moenie julleself dood lag nie, maar ek benodig dringende hulp met die vertaling van n Afrikaanse regsdokument in Engels in. Dit behels n Notaris van Ede en in spesifiek n Notariele Akte van Vruggebruik op Suid Afrikaanse eiendom. Die probleem is dat ons Suid-Afrikaanse regsterme gegrond is op Romeins-Hollandse reg, terwyl Britse wetgewing maar sy eie paadjie geloop het. Hiermee die woorde/sinne waarmee ek hulp nodig het: 1) "...behoorlik daatoe gemagtig kragtens n Volmag wat aan my verleen is." -> wat is 'volmag' in Engels? 2) "....welke Volmagte hede aan my getoon is en in my Protokol berus." -> Hoe kan ek verduidelik wat die Protokol van n Notaris is in terme van Britse reg? 3) " Komparant" 4) "...sessies van voormelde Serwituut" - Wat is Serwituut in Engels? 5) "Aldus gedoen en verly deur die Komparant" - jinne, maar dit klink lekker! Ek sal met graagte die volledige dokument epos aan iemand wat kan help. Byvoorbaat baie dankie! Afrikaanse Vertaling - Surita - 17-06-2004 Sjoe jammer dit is heeltemal bo my vuurmaak plek. Afrikaanse Vertaling - Tania - 17-06-2004 Quote:Originally posted by Surita Agge-nee! Toemaar, ek weet hoe jy voel. My forte was altyd volle tweetaaligheid, maar hierdie dokument gooi my breinselle in n woeste omwentelling! Dank Vader ek hoef dit nie in Xhoza of Ndebele te vertaal nie ![]() Afrikaanse Vertaling - Pronkertjie - 17-06-2004 Moet se dit is bo my vuurmaak plek ook.... vir my klink dit nie eers na behoorlik Afrikaans nie :haha: As ek sou probeer stop hulle my dalk in die tronk. :daisy: Afrikaanse Vertaling - Joan - 17-06-2004 Quote:Originally posted by MissQtoe Jy weet my seun is 'n prokureur, stuur dit aan en ek sal dit aan hom besorg... Afrikaanse Vertaling - Tania - 18-06-2004 Quote:Originally posted by Joan Baie dankie Joan! Ek sal dit aan jou email. Afrikaanse Vertaling - PomBok - 18-06-2004 Quote:Originally posted by MissQtoe :haha: :haha: What a fantastic expression! :haha: Ek moos die taal leer, I really must! Afrikaanse Vertaling - Tania - 18-06-2004 Quote:Originally posted by PomBok No joke Pommie, I'm struggling. Whilst I have your attention, would you kindly confirm which (if any) if these terms are known under British Law? Usufruct Comparant Cede Servitude Notary of Oath 'Buy-a-donkey' in advance Afrikaanse Vertaling - PomBok - 18-06-2004 Quote:Originally posted by MissQtoe As to legitimately used I have no idea, cede and servitude are in common useage and so probably. Usufruct - The right to use and enjoy the profits and advantages of something belonging to another as long as the property is not damaged or altered in any way. Comparant - no idea I'm PM-ing you so as not to hijack this thread with Engels Afrikaanse Vertaling - ForumAdmin - 18-06-2004 Quote:Originally posted by MissQtoe direct Jewels to the question we are sure she will probably know more ![]() |