20-01-2007, 01:24 PM
Ons moes elkeen teken vir ontvangs van die briewe.
So stap ons drie toe die oggend vroeg die wye trappe van die groot imponerende gebou op; ou swaar, gebruikte deure … Binne volg my oë die dik, bruin marmer pilare met die wye marmertrappe na die eerste vloer - op en op tot hoog bo teen die plafon – hard en ferm en solied, soos die wet – die middelpunt in ‘n samelewing vir reg en geregtigheid.
Die jong advokaatjie kom in haar swart en wit toga nader gestap, groet vriendelik met die hand en verduidelik vinnig wat die prosedure is en dan kan ons maar gaan sit; hulle sal ons roep; behoort nie lank te neem nie want daar is nie baie ander advokate nie.
Swart en wit – die kleure van die wet - alles is óf swart óf wit – meer swart as wit, voel dit vir my – begrafniskleure – die dood van my trots en reputasie – pas gaan aanmeld vir ons begrafnis!
Die banke voel soos ou hout kerkbanke – hard en ongemaklik – hier word niks gemaklik gemaak nie – alles moet reg gebeur. Geen sang in hiérdie kerk nie, net ongemaklike stilte. Geen laaste eerbetoning nie. Ek voel uit my plek as ek kyk na die ander wat ook sit en wag, en ek wonder waar alles verkeerd geloop het, wat ons nié gedoen het nie, hoekom ons hom nie ordentlik geleer het nie …
‘n Netjies geklede vrou kom klikkend verbygestap in haar hofskoene, kyk na hom en ons en ek sien die opsomming – geen gesigsuidrukking; watter saak is ons… Binne in my krimp dit ineen, voel skuldig en aangekla! Sy stap tot by die groepie advokate in hulle swat en sy word ook een van hulle met haar toga – die regter.
Ons advokaatjie kyk na ons en kom dan weer nader gestap – probeer ‘n brug bou; vra half onseker of ons nog enige vrae het …
Ons wil weet hoe spreek mens die regter aan Â…
Dan roep die klein begrafnisondernemer-mannetjie oor die gang...
Ons gaan sit op ‘n ry voor die regter en aanklaer en nog ‘n togapersoon
Iemand skuif langs my in – een van die slagoffers; stel haar eis.
Ek wil jammer sê, maar dan staan sy op en is weg.
My aandag verskuif na die vrou met die maskergesig op die punt – pas nogal by die aanklaer; praat vinnig, verduidelik die verliesse van die slagoffers en ek stem saam in my gedagtes, kan dink hoe hulle voel – ek sou ook so voel.
Dan vra ons advokaatjie vir net ‘n teregwysing – ek is verbaas om senuweeagtigheid by haar te sien, wonder of dit haar eerste saak is… bemiddeling is aan die gang vir skadevergoeding, sê sy.
Die regter praat dan direk met die skuldige party – hy verstaan dan nou nie hoekom moet hy skadevergoeding betaal en nog gestraf word ook nie – dis dan dubbel straf?!
Gaan oor oortreding van die wet en dan vergoeding vir skade berokken.
Niks op sy rekord nie want hy was 16 met die insidente, nou 18.
Sy maak die leêrs toe. Sal daaroor dink en haar vonnis in Februarie gee – ons sal per brief in kennis gestel word.
Dankie.
Groet die Mevrouw met die hand en skuif uit, na buite in die gang Â…
Die Meestertjie kom groet met die hand – alles van die beste, sê sy
Dankie.
Ons stap die marmertrappe af – vraende gesigte stap by ons verby, die trappe op na die Jeugregbank.
Gehoop alles is verby, maar nog nie die einde nie...
Swart en wit – teen die swart is die klein stukkie wit, baie wit – daar is tóg genade vir vandag.
Buite haal ek weer asem.
Arm vandag, maar môre wéét ek, skatryk in genade, ervaring en hoop.