Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Klein goedjies
#7
daar was nog altyd druk op egpare.... finansieel of anders
Hoe moes mense nie die depressie jare ondervind het nie, daar was nie werk nie, maar daar moes tog kos op die tafels wees.
'n Vriendin van my se broer is jare, jare gelede tydens die "blitz" in London gebore, haar ma sê altyd vir my as sy in daardie jare vir almal geluister het en nie kinders gehad het nie, was my vriendin nooit gebore nie!!!

Mens moet maar leer om jou riempies reg te sny.

Ek kan goed onthou dat ons bitter min materiële dinge gehad het toe ons kinders klein was, maar ek het tuisgebly en hulle groot gemaak. Moet darem byvoeg dat ek soms 'n locum kon gaan doen om uit te help.
Ek wonder soms of vandag se jonger ouers nie te "hoog" wil leef nie, ek bedoel niks neerhalend daarby nie, want almal is gewoond aan mikrogolf oonde , outomatiese wasmasjiene, ens. (het my enigste mikrogolf oond eers in 1981 by my pa gekry en dit werk nog!!!)....

Dan weer, soos spam gesê het, die lewe is anders........ ek is net baie dankbaar dat ons kinders nie met daardie drank en allerhande ander probleme moeilikheid gehad nie, dit was nog altyd beskikbaar, maar genadiglik het hulle dit weerstaan.
Reply


Messages In This Thread
Klein goedjies - by Surita - 31-03-2004, 03:47 PM
Klein goedjies - by Joan - 31-03-2004, 06:12 PM
Klein goedjies - by Surita - 01-04-2004, 11:02 AM
Klein goedjies - by Joan - 01-04-2004, 08:45 PM
Klein goedjies - by spam - 09-04-2004, 04:00 PM
Klein goedjies - by Surita - 15-04-2004, 02:58 PM
Klein goedjies - by Joan - 15-04-2004, 08:25 PM
Klein goedjies - by sterretjie - 05-05-2004, 10:05 AM
Klein goedjies - by Surita - 05-05-2004, 11:07 AM

Forum Jump:


Users browsing this thread: 5 Guest(s)