Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
'Alles is weg' op wildplaas nadat brand uitbreek
#1
[COLOR="Purple"]
Die Intundla-wildplaas naby die Roodeplaatdam, noord van Pretoria, het gistermiddag “heeltemal tot op die grond afgebrand”.

Niemand is beseer nie. Daar kon nog nie bepaal word wat die brand veroorsaak het nie.

Me. Teneale du Plessis, bemarkingsbestuurder by Intundla, het gister gesê slegs ’n paar van die kamers wat vir akkommodasie gebruik is, het staande gebly.

“Alles is verwoes. Die geboue was alles grasdakgeboue, so dit het baie skielik gebeur.

“Ons konferensiesentrum, ons administrasiekantore, die meeste van ons akkommodasie . . . alles is weg.

“Ons wil graag hê ons kliënte moet ons kontak want al ons dokumentasie en rekenaars is in die brand vernietig.

“Ons het geen nommers vir enige van ons kliënte wat nog ’n bespreking by ons het nie, so ons doen ’n beroep op ons kliënte om ons asseblief by ons bure – waar ons ’n tydelike kantoor opgestel het om skadebeheer uit te oefen – te kontak,” het sy bygevoeg.

Du Plessis het gesê sover tot dusver vasgestel kon word, is geen van die wild op die wildplaas in die brand beseer of dood nie.

Kliënte wat nog besprekings by Intundla het, kan 0 012 808 5021 skakel vir meer inligting.

Die wildplaas se eienaar kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.[/COLOR] Bron: Die Beeld
Reply


Messages In This Thread
'Alles is weg' op wildplaas nadat brand uitbreek - by Pronkertjie - 03-09-2007, 09:39 AM

Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Groen, alles groen Pronkertjie 0 4,370 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)