Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Afrikaans is nie Vlaams en Vlaams is nie Nederlands
#1
So sit ek saam met hulle – die Afghaan wie gevlug het uit Afghanistan en haar kinders in België grootgemaak het, die joviale Italianer wat nie van druiwe hou nie omdat dit pitjies in het, die Engelsman wat al te lank in België woon en in die “English Shop” werk, die Franse Celine wat skool verlaat het op 16 omdat sy probleme gehad het met haar ouers, die Marrokaan met hoofbedekking en al wat Ramadan vier, die Duitser wie se man vir Nato werk …..

Die 3 taaljuffrouens (die een, eenvoudig en prakties met swaarkrylyne wat lêplek op haar gesig gekry het, die ronde, vriendelike een met die lang vlegsel en die entoesiastiese een wat altyd keurig en vroulik geklee is) is opgewonde oor hulle eerste Suid-Afrikaner wat tog so ‘n “mooie taal spreek” en sê tog alstublieft iets in Afrikaans…. Dan verkreukel hulle van innige plesier oor al die “nie’s” en “-kies”. Maar hulle weet ook nie wat om met my te doen nie, want “Ik ben Amanda” en “goedemorgen” is gans te eenvoudig en miskien verveel ek my in die tweedejaars klas en miskien sal derde jaar reg wees… Maar ek verkies om te begin by “is wat zijn word” en “het wat hebben of selfs had” word. En nie eers te praat van al die “ch’s” en “z’s” nie. (Dankie tog aan die Afrikaanse taalstryders wat ons taal so maklik gemaak het!)

Afrikaans is nie Vlaams nie en Vlaams is ook nie Nederlands nie, maar tog is dit familie – gaan aan soos halfbroers. Klein verskille is groot, maar ek kan dit nog nie hoor nie. Gans te vaak moet ek mijn ekskuusjes aanbied en wa’blieft sê omdat ek dit nie gevang het nie.

‘n Hulp vir die aanleer van die taal, sê die lerares is luister na de radio en lees van de krant. Maar die musiek is nog nie Laurika of Amanda nie. Die krant is interressant met alles oor liefde en politiek, welvaart en ook dié wat koppie onder gaan, stakings en cultuur ….

Die onderwerp vir vandag se klas is autos, diezel wat goedkoper as benzine is en **** as jy autopech kry, sê een van die studente! Daar is ‘n netjiese pech strook langs al die paaie om nie files te veroorsaak nie. ‘n GSM is handig om wegenhulp in te roep vir die probleem - selfs al het die kar gestaak teen die winteroggend se koue. ‘n Mens ry verby en wonder so half-weg wat dan fout is want die motors moet jaarliks deur ‘n technokeuring gaan vir padvaardigheid of is dit nou padwaardigheid!! In my gedagtes is die-kar-het-gaan-staan ‘n interesanter en kleurryker verhaal – ‘n duim wat uitgegooi word, ‘n klein ogie soos op ‘n jagveld wat jou in die donker naderwink om tog net te kom kyk wat gaande is, die aanstap met ‘n vuil geel petrolkan in die hand, koplose lywe onder die enjinkap wat die probleem probeer regkyk en die rustige uitkamp op die graswalle wat jou laat wonder of dié 16 almal dan uit die een motor kom of het die ander een solank gaan hulp soek…
Maar gelukkig fiets ek klas toe!!!

Na een ander halfuurtje is dit tyd vir koffie en rook. Die fruit wat ek saamgebring het kraak onder die tande en ek drink maar bottelwater – in die mistigheid van die rook begin ek verstaan waarom die vrouens so skraal soos vrouesigare is. Nou is daar nie sprake van Vlaams of Nederlans nie en hoor mens Arabies, Duits, Engels, Italiaans en nog ‘n moes van ander onverstaanbare tale – ‘n kulturele oomblik. Die Meksikaanse Ouma (nogal ‘n myningenieur) voer klein Liam sy tienuurtje - oggend joghurt en “dag” groet hy my in sy klein-Vlaams asof dit nou die einde van die oggend is – die oë word swaar van vaakgeit.

Na sterk filterkoffie (nie moerkoffie),gaan die les vinnig, want die GSM’s lui so tussendeur vir dringende boodskappe en die drie tweejariges wat saamkom taalklas toe, skreeu nou moeë irritasie uit – genoeg is genoeg. Allez, wonder ek, gaan ek ooit ‘n proficiat! kry vir hierdie klas en die leer van Nederlands (nie Vlaams) voor ons uitvaart uit die land – Oeps sorry, desolait, jammer, skiestog, uitvaart is eintlik begrafnis.
Wel!!!
Reply
#2
Fantasties Hantam!

Dit laat my terug verlang na Holland toe met die Vlaamse TV Smile

Jy is sommer braaf om by die beginners te begin want ek seker jy verstaan al bietjie meer. Jy het seker meer Frans in Brussels gepraat?

Ek geniet jou stories so..... hou gerus aan! :hug:

:blom:
Reply
#3
Ek het die brokkie nuus net so geniet - dankie Hantam Smile
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans Pronkertjie 0 3,537 18-07-2006, 12:32 PM
Last Post: Pronkertjie
  Afrikaans op sy beste oe-la-la 1 3,646 26-01-2005, 11:38 PM
Last Post: Jangar
  Afrikaans vir.... oe-la-la 6 4,839 14-08-2004, 10:19 AM
Last Post: oe-la-la
  Dutch / Afrikaans Pronkertjie 3 4,697 26-01-2004, 04:47 PM
Last Post: sterretjie
  Wipkadia in Afrikaans Pronkertjie 0 3,802 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal Pronkertjie 0 2,938 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Maties en Tukkies op oorlogspad oor Afrikaans Pronkertjie 0 5,317 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Help tog asseblief! Kan is daar iemand hier wat op Afrikaans kan swem? Aphrodite 0 6,239 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Graad 5 Afrikaans Eksamen TheDuck 0 8,158 Less than 1 minute ago
Last Post:
  PW se dood - Die Nuus in Afrikaans 0 2,207 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)