26-11-2005, 02:54 PM
eeld-deurloop: Tog ironies dat Hollanders by óns raad soek!
Luister ek afgelope Sondagoggend op radiosondergrense hoedat Nico Koopman uit Nederland in die program Kollig op die Kerk met my en die res van die volk praat.
Dis interessant en lekker daar, sê hy, maar sedert die dood van Theo van Gogh aan die hand van 'n Moslem (en sommige sê nie sonder rede nie) dra die Nederlanders baie swaar aan hulle plotselinge verlies aan identiteit. Die onluste in Frankryk maak ook geen goeie bydrae nie: Wie is ons? roep Europa.
En nou kyk die Hollanders, vertel Nico, die bedaarde, selfversekerde Hollanders, na Suid- Afrika om hulle van raad te bedien.
Hoe het ons die rustige oorgang van 1994 bewerkstellig, en hoe leef soveel kulture in een land rustig saam?
Nico se woorde Sondag het vir my ironies op die oor geval. Nie die feit dat die Hollanders in die nood is nie, dit is algemene kennis, maar dat hulle na óns kyk. Nou ja toe, ek weet ons president is 'n voorste vredemaker, hy reis wêreldwyd om ons reënboogstof oor al wat onmin maak, te strooi. Maar tuis is dinge miskien nie heeltemal so rooskleurig nie. En dis waar die ironie kop uitsteek.
Weliswaar is ek nie meer Gautenger nie, en hier in die Kaap is ons ou goed gewoond, maar ek het tog plesier gehad aan die nuus dat Pretoria haar 150ste verjaardag gevier het - 'n goeie leeftyd vir 'n statige ou dame. En Pappa was tog so 'n groot bewonderaar van Oom Paul. En nou kom vertel die burgemeester (of was dit sy spreekbuis - daar's skynbaar altyd 'n buiksprekerspop) dat Tshwane niks te viere het nie. Hulle sal vier as hulle vyf jaar se dienslewering agter die rug het!
Ja'k. Ek kan glo dat dit rede tot viering sal wees. Maar Pretoria was daar voor apartheid en voor Tshwane. Of begin die ge skiedenis opnuut met die totstandkoming van 'n nuwe regerende party? Natuurlik verander die historiese blikhoek wanneer regerings verander, veral so 'n drastiese verandering soos ons s'n, en dit sal altyd gebeur, dit is die manier van geskiedskrywing, maar het jy die reg om die res sommer in die vergetelheid te laat verdwyn?
Daar steek geen logika in nie. Lees ek in Die Burger 'n brief van (juis) 'n Nederlander wat Dan Sleigh se Eilande in Nederlands vertaal het, vry dikwels ons land besoek, en groot waardering het vir wat in die land gebeur.
Maar, skryf hy, hy was vir die eerste keer nou op Robbeneiland, en wat 'n geskiedenis het dit nie! En wat 'n man is die Nelson Mandela tog. Maar die gids wat sy apartheidstorie so goed geken het, het van Autshumao nog nooit gehoor nie, en van Eva Krotoa nog minder. Weer kom die vraag op: was daar dan geen geskiedenis (selfs geen swárt geskiedenis) voor apartheid nie?
Ons moet versigtig wees. Met my eie besoek aan Robbeneiland, en terwyl die groep in die groot tronksel aandagtig na die gids luister, gaan 'n jong swart vrou se selfoon af. En sy antwoord en voer kontant haar gesprek klaar, sodat dat die besoekers nie een verdere woord van die gids bo haar opgewonde gebabbel kan hoor nie. En toe ons uitstap, pronk die skraal lyfie in die jeans - dis mý erfenis dié.
Nè? Ek glo die wonderwerk van '94 moet homself bly herhaal om wonderwerk te bly. Anders sal die raadop Hollanders vergeefs by ons na oplossings kom soek.