Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Suid-Afrika na Drie Jaar
#1
Na 3 jaar in België kuier ons weer in Suid-Afrika....

Glimlaggesigte en opgewonde stemmegeruis op Johannesburge Internasionale Lughawe groet ons
Kirsty herken nog vir Oupa en Ouma na 3 jaar se wegwees
Ma se huis is nog net dieselfde....
Boerewors, skaaptjoppie en 'n stywe skep growwe mieliepap op die bord nooi jou uit tot ooreet
Tuisgemaakte lemoenkonfyt met stukkies bittersoet skil
'n Spesiale pakkie handgemaakte snuisterye en lekkertes uit die Kaap arriveer per pos om te sê, "Welkom Terug"
Die taxi's stop nog steeds net waar hulle wil
Familiekinders en vriendekinders het verander in langbeen tieners met eiesoortige klere, musieke en smake - maar diep binne-in is hulle steeds net die bekendes soos toe ons gegroet het
Ons geleende wit Gholfie draai sy neus Kaapwaarts deur die alleenvlaktes van die groot Karoo met sneeuverf op die pieke van die Lootsberge
Ons proe die see in die dag se vars vangs met "slap chips" in Jeffreysbaai
'n Bruin papiersak lekker droëwors vir die pad
Die gekwetter en vlerkgeklap van voëls by 'n drinkplek in die loom, stil veld laat my gedagtes loop na 'n kreatiewe God wat natuur gee as rusplek vir gees en siel
Die roep van die nonnetjiesuil in die volmaan, die jakkalshuil in die verte en die rook van die 'n hardekoolvuurtjie bring die ongereptheid van die Bosveld naby
Lente op die Springbokvlakte is stilweg daar in die geel-wit donspruik en swaar soet reuk van die grys doringbome
Kirsty se gegiggel en lekkerkry-spoegies maak silwer spore oor 'n warmlyf plaashondjie wat haar intense vreugde besorg

Ons Suid-Afrika is warm gebêre - manna van genade vir tye van hongerte en dors.
Reply


Messages In This Thread
Suid-Afrika na Drie Jaar - by hantam - 08-10-2005, 03:03 PM
Suid-Afrika na Drie Jaar - by Pronkertjie - 08-10-2005, 03:19 PM
Suid-Afrika na Drie Jaar - by oe-la-la - 08-10-2005, 08:29 PM
Suid-Afrika na Drie Jaar - by Joan - 08-10-2005, 08:42 PM

Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Afrika in Aldi hantam 1 3,537 04-06-2005, 05:58 PM
Last Post: Pronkertjie
  Afrika moet Suid-Afrikaners se 'home' wees Pronkertjie 1 3,861 12-03-2005, 03:14 PM
Last Post: hantam
  Na Nog Twee Jaar hantam 0 4,022 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Hart vir Afrika hantam 0 2,659 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)