Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Cecile Cilliers Rubriek
#1
Beeld-Deurloop: Christina Lobese en die wit man wat sorgBeeld-Deurloop: Christina Lobese en die wit man wat sorg

Cecile Cilliers
Christina Lobese is die ma van drie, jonk, hardwerkend en eerlik. Sy probeer haar kinders ordentlik grootmaak en werk met dié doel as skrop-en-poetsvrou.
Sy't uit die Oos-Kaap hierheen getrek en woon net hier anderkant in Masiphumulele, 'n uitgebreide nedersetting wat vinnig besig is om uit sy nate te bars.

Toe ek uit Gauteng Kaap toe gekom het, het Sus Polla Christina hier aangebring om een dag 'n week my huis te versorg, soos sy ook vir Sus Polla en twee van háár kinders doen.

Maar hoe het dit gebeur dat ons as werkgewende familie skynbaar totale verantwoordelikheid vir Christina en háár gesin moet aanvaar?

Ek leen nie geld nie, want ek is nie 'n bank nie. Hoeveel keer herhaal ek die frase en ek hou daarby.

Maar as Christina kom kla sy kan haar begrafnispolis nie bybring nie en die bank dreig om dit te kanselleer, ry ek ewe gedwee bank toe en loop betaal die agterstallige geld.

En as Christina huil-huil loop vertel dat die vrou op wie se erf sy plak, dreig om haar uit te sit, en dit in die hartjie van die winter, ry Polla se prokureurskind Masiphumulele toe om saam met die plaaslike verteenwoordiger van die munisipaliteit dinge te gaan uitsorteer.

Baie dreigemente later word Christina toegelaat om een maand - net een maand - langer in haar opslaanhut aan te bly.

Met ons almal se beloofde geldelike hulp reël Polla se kind dat Christina 'n eie grondjie bekom waar sy 'n mate van sekuriteit sal kan ervaar.

Slegs om te hoor dat die betrokke verkoper die grond van die regering present gekry het en dat hy dit nie mag verkoop voordat vyf jaar verloop het nië.
Intussen bly Christina op die kwaai vrou se werf plak en die winter kom met sy nat en sy koud en die geld wat sy aan Pep Stores skuld vir die kinders se winterklere moes sy aan haar ma in die Oos-Kaap stuur wat haar werk verloor het en nou sonder enige heenkome sit.

En al leen ek nie geld nie, betaal ek maar wat op die lay-by geskuld word, want ek kan nie toesien dat die kinders koud skool toe gaan nie.
Of so koud slaap nie, so ek koop Saterdag 'n verwarmer op spesiale aanbod en gee dit vir Polla om vir Christina te gee want sy werk Maandae by Polla en eers Woensdag vir my en dan kan hulle darem Maandagaand al warmer slaap.
Dis skielik baie koud en nat en haar huis lek glo.

En toe bel Polla Maandag om te sê Christina is baie bly oor die verwarmer, maar sy wat Polla is kan nie meer by my kom koffie drink nie, want Christina gaan nou definitief uit haar huis gesit word en sy kan iewers anders gaan plak, maar hoe neem sy haar elektriese meter saam, want krag moet sy hê, veral noudat sy die verwarmer ook het.

En nou moet Polla Muizenberg toe ry na die elektrisiteitskantore toe om te hoor hoe dit gedoen moet word en of dit regtig R220 gaan kos soos haar eie elektrisiën voorspel.

Dankie tog, Christina is by jou vandag en nie by my nie, sug ek.
Maar Polla sien net donker vorentoe. Jy sal seker Woensdag moet help trek, sê sy.

My vriend Koos was sendeling in die Oos-Kaap, praat Xhosa vlot. Hy lag net as ek en Sus Polla kla. Op julle voorkop, sê hy, staan daar geskryf - Umlungu - die wit man wat sal sorg.
Reply
#2
Dan is dit goed so Pronkertjie, ek sorg graag met 'n skoon gemoed en soos wat van my gevra word, net een tiende
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 3 4,203 14-06-2005, 08:45 AM
Last Post: Almitra
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 1 3,629 12-03-2005, 03:31 PM
Last Post: hantam
  Beeld Rubriek Pronkertjie 4 4,486 23-10-2004, 07:54 PM
Last Post: Joan
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 2,671 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Cecille Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 3,322 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 2,958 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Beeld Rubriek Pronkertjie 0 3,276 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)