Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Cecile Cilliers Rubriek
#1

Beeld-deurloop:


Reuse-bewondering het ek tog vir maatskaplike werkers.

Hulle het kennis en hulle het deernis, en hulle het durf.

Hulle skrik nie om aan ontstellende omstandighede blootgestel te word nie, en ken skynbaar geen weifeling as daar opgetree moet word nie. Want hulle weet van, soos my kinders altyd sê.

Gelukkig dan, dat hulle stelligheid (wat nogal irriterend kan wees, want hulle is só vol selfversekering, selfs beterweterig) gewoonlik getemper word deur 'n aansteeklike sin vir humor, en dit dikwels in situasies wat kwalik amusant aandoen. Miskien is dit juis die lag wat red.

Dis nou baie jare gelede, maar dit bly my by, het dit waarskynlik al hier oorvertel, Henna se storie van die vuil lakens. Doen sy, maatskaplike werker en jonk nog, huisbesoek by 'n gesin iewers in die noordweste, en slaan figuurlik gesproke haar hande saam oor die toestand van die bedlakens.
A nee a, mevrou, sê sy. U moet darem soms die lakens was. So vuil is nie higiënies nie.

Ai, Juffrou, antwoord die huisvrou, ek weet, maar my ou beste verseg mos om saans sy voete te was, hy klim net so met die vuile voete in die bed!

Met groot beslistheid beduie Henna dat daar met die man gepraat sal moet word. Nee, maar sy sal probeer, beloof die huisvrou en eggenote.

Toe Henna 'n maand of wat later weer haar rondes doen, is die toestand van die lakens inderdaad baie beter, en sy prys die huisvrou dat sy haar man oorreed het om saans sy voete te was.

Nee, Juffrou, antwoord sy, so ver kon ek hom nie kry nie, maar hy sien darem nou kans om saans bruin papierkardoesies om sy voete te bind voordat hy in die bed klim.

Vertel ek afgelope week die verhaaltjie vir 'n maatskaplike werker, en kry twee in ruil. In 'n klein dorp, in die verarmde buurt, moet Cornelia besoek aflê by 'n Brink-gesin. Op 'n stoepie, agter 'n slap heining, sit 'n vrou wat sien sy's verdwaal en eindelik opstaan en traag hekkie toe kom.

Ek is op soek na die Brinks, vertel Cornelia. Kan u my dalk na hulle huis beduie?

Die vrou het onmiddellike begrip vir die hele situasie: Juffrou, sê sy, daar is twee Brink-gesinne in hierdie buurt, en as jy nou vir my sê wat die probleem is, beduie ek jou na die regte een.

:daisy:



Reply
#2
Ai , ja!!!!
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 3 4,222 14-06-2005, 08:45 AM
Last Post: Almitra
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 1 3,503 03-06-2005, 07:31 PM
Last Post: Joan
  Beeld Rubriek Pronkertjie 4 4,527 23-10-2004, 07:54 PM
Last Post: Joan
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 2,683 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Cecille Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 3,343 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Cecile Cilliers Rubriek Pronkertjie 0 2,967 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Beeld Rubriek Pronkertjie 0 3,289 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)