Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal
#1

Janice Johannes

“Afrikaans staan wel swakker as wat hy tien jaar gelede was, maar indien ’n mens na sy verbruikers kyk, sal dit nog lank neem voordat hy afgeskaf sal word.”

Só het prof. Hermann Giliomee, hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch gister gesê in antwoord op ’n artikel in Sunday Times .

Luidens die artikel verkies al hoe meer leerlinge Afrikaans as tweede taal op skool, bo enige ander Afrika-tale omdat dit glo baie makliker is om te leer.

Van die 558 393 matrikulante wat vanjaar hul finale eksamens gaan aflê, sal slegs 9 788 eksamens skryf in Afrika-tale as ’n tweede taal.

Die meerderheid, 266 408 leerlinge, het Afrikaans as hul tweede taal verkies. Altesame 7 428 leerlinge wat Â’n swart taal as hul tweede taal gekies het, het Zoeloe gekies.

Volgens Giliomee het Afrikaans Â’n goeie gebruik want 30% (wit, swart en bruin mense) van die land se verbruikers praat Afrikaans.

Verder het hy gesê dat Afrikaans ook werkgeleenthede vir talle mense inhou.

“Tien jaar gelede wou mense nie hê dat swart leerlinge Afrikaans moet leer nie en dis verstaanbaar, maar nou doen hulle hul eie keuses. En ek sou eerder verkies dat kinders op skool vier tale moet leer, soos wat tans die geval in Holland is,” het hy gesê.

“Ekonomies gesproke is dit waar dat Engels en Afrikaans leerlinge meer gaan baat as enige ander Afrika-taal. Talle werkgewers is steeds Afrikaanssprekend en dis dalk een van die redes waarom kinders van townships Afrikaans verkies,” het mnr. Stewart Mothata, hoofdirekteur aan Unisa, gesê.

Hy het ook gesê meeste swart leerlinge in townships sal Afrikaans verkies omdat hulle direk en indirek aan die taal blootgestel word.

“Die Tsotsitaal-woordeboek is ’n baie goeie voorbeeld hiervan, want die taal bestaan meestal uit Afrikaans.

“Indien ek terug moet gaan skool toe, sal ek eerder Afrikaans as tweede taal wil doen,” het hy gesê.

Bron: Die beeld



Reply


Messages In This Thread
Al hoemeer leerlinge verkies Afrikaans as tweede taal - by Pronkertjie - 23-10-2006, 12:18 PM

Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans Pronkertjie 0 3,796 18-07-2006, 12:32 PM
Last Post: Pronkertjie
  Afrikaans op sy beste oe-la-la 1 3,959 26-01-2005, 11:38 PM
Last Post: Jangar
  Afrikaans vir.... oe-la-la 6 5,428 14-08-2004, 10:19 AM
Last Post: oe-la-la
  Dutch / Afrikaans Pronkertjie 3 5,164 26-01-2004, 04:47 PM
Last Post: sterretjie
  Afrikaanse 'n wonderlike taal cwlinde 3 5,999 22-01-2004, 11:11 AM
Last Post: Ameniatha
  Afrikaans is nie Vlaams en Vlaams is nie Nederlands hantam 0 3,772 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Wipkadia in Afrikaans Pronkertjie 0 4,283 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Maties en Tukkies op oorlogspad oor Afrikaans Pronkertjie 0 5,539 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Help tog asseblief! Kan is daar iemand hier wat op Afrikaans kan swem? Aphrodite 0 6,746 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Graad 5 Afrikaans Eksamen TheDuck 0 8,390 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)