17-06-2004, 09:47 AM
OK, moenie julleself dood lag nie, maar ek benodig dringende hulp met die vertaling van n Afrikaanse regsdokument in Engels in. Dit behels n Notaris van Ede en in spesifiek n Notariele Akte van Vruggebruik op Suid Afrikaanse eiendom.
Die probleem is dat ons Suid-Afrikaanse regsterme gegrond is op Romeins-Hollandse reg, terwyl Britse wetgewing maar sy eie paadjie geloop het. Hiermee die woorde/sinne waarmee ek hulp nodig het:
1) "...behoorlik daatoe gemagtig kragtens n Volmag wat aan my verleen is." -> wat is 'volmag' in Engels?
2) "....welke Volmagte hede aan my getoon is en in my Protokol berus." -> Hoe kan ek verduidelik wat die Protokol van n Notaris is in terme van Britse reg?
3) " Komparant"
4) "...sessies van voormelde Serwituut" - Wat is Serwituut in Engels?
5) "Aldus gedoen en verly deur die Komparant" - jinne, maar dit klink lekker!
Ek sal met graagte die volledige dokument epos aan iemand wat kan help.
Byvoorbaat baie dankie!