Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Afrikaanse boeke ...
#1
Ek het die afgelope tyd twee afrikaanse boeke hier in Engeland gelees.

Die eerste was "Voor ek vergeet" van Andre P Brink en ek moet se dat dit baie harde werk was om die boek klaar te lees. Dit gaan oor 'n 75 jarige man wat terugdink oor al die vroue wat hy in sy lewe gehad het en hoe hulle gekoppel was aan die veranderinge in Suid Afrika (natuurlik). Ek het later bietjie moeg geraak vir hoe hy die vroue verduidelik in terme van wyn. Dalk is dit 'n goeie boek vir iemand wat belangstel in vreeslike ernstige literere werke maar vir my was dit net baie harde werk om die boek te lees.

Die tweede een was "Die hart van ons huis" van Maritha van der Vyfer. Dit was 'n ongelooflike maklike boek om te lees - ek het dit in 'n middag klaargelees. Dit is amper 'n autbiografie van haar lewe in Frankryk en dit was lekker om soos 'n vlieg teen die muur te voel en lees van al haar ervaringe daar. 'n Lekker lees maar ek wens sy wil weer 'n boek soos "Wegkomkans" publiseer.

Nou sommer op 'n ander noot - ek wonder of Maritha van der Vyfer se boeke nie bietjie afgestomp gaan raak noudat sy in Frankryk woon en nie meer so baie Afrikaans praat nie en ook nie eintlik met die Afrikaanse kultuur in aanraking kom nie?
I still love chocolate.
Reply
#2
Ek het nogal lanklaas iets van Maritha Vijfer gelees.

Wonder of Andre P. Brink nou meer en meer boeke oor ouermense gaan skryf.... sy jare stap ook aan Smile
Reply
#3
Ek het nogal gewonder of Andre P brink se boek dalk nie so 'n bietjie autobiografies was nie. Hy is seker al naby aan sy 70's
I still love chocolate.
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Afrikaanse gesegdes Pronkertjie 31 43,843 21-08-2008, 05:28 PM
Last Post: Aspoestertjie
  Jangar se Afrikaanse draadjie deel twee Pronkertjie 131 56,208 21-10-2006, 10:48 AM
Last Post: oe-la-la
  Afrikaanse gesegdes Pronkertjie 0 5,796 23-05-2006, 03:21 PM
Last Post: Pronkertjie
  Jangar se Afrikaanse draadjie Pronkertjie 108 43,755 06-10-2004, 06:02 PM
Last Post: Pronkertjie
  Afrikaanse Vertaling Tania 22 18,971 02-07-2004, 08:09 AM
Last Post: alwayssmilin
  Afrikaanse 'n wonderlike taal cwlinde 3 5,942 22-01-2004, 11:11 AM
Last Post: Ameniatha
  Die wilde Yank het net 2 boeke gelees Pronkertjie 0 3,783 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)