Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Help tog asseblief! Kan is daar iemand hier wat op Afrikaans kan swem?
#4
[COLOR="Navy"]Blou Willem

Toe ek laas week vir my maters vertel hoe ek daar in die Karoo gesit en wonder het oor al die dinge wat my laat wonder, vra Oom Johnny vir my of ek orraait is dat ek so diep dink.

Ja, ek is orraait sê ek, maar hy moet net weet daai goed is nie al waaroor ek deesdae wonder nie.

En elke week kom daar nog goed by waaroor ek wonder. Hierdie laaste ruk het daar juis nog bygekom. En dit nogal uit die lug uit!

Toe ek so lees oor onse vliegtuie wat hul enjins verloor, wonder ek toe byvoorbeeld of ’n vliegtuig wat twee enjins het en een verloor, net in die rondte sal kan vlieg?

En hoekom ’n outjie op 17-jarige ouderdom ’n vlieglisensie kan kry, maar eers op 18 ’n rybewys vir ’n motor?

En as ek deesdae so aanstap na die vliegtuie van Kaalholla.kom, Wye Nasie of 1Time-op en 2Times-af om te gaan inklim, wonder ek wie sit daar voor en of daai mense in hul kursus opstyg én neerstryk deurgekom het, of net opstyg?

En ek wonder hoekom ons nog nie gehoor het wie daai antie is wat nou die dag die hele land se lugverkeer ontwrig het toe sy met die Boeing se voorwiel van die aanloopbaan afgery het nie.

Dik Daan sê hy wonder of sy nie besig was om haar neus te poeier, ’n SMS te stuur én met haar kinders agterin die vliegtuig te raas toe dit gebeur het nie. Of so iets.

En so gepraat van Wye Nasie: Wat my altyd op ’n lughawe erg laat wonder, is hoekom hulle net bagasie weeg en nie die passasiers ook nie?

Annerdag moes ek vir my meisiekind wat met Air Kitaar of so iets Engeland toe gevlieg het, byna duisend bokke bybetaal vir ’n kilo of wat oorgewig.

En dit terwyl daar ’n ou reg voor haar in die tou gestaan het wat so groot was dat hy gelyk in ekonomiese én besigheidsklas moes inboek (een van daai manne wie se paspoortfoto met ’n satelliet geneem is). Maar nee, hy stap rustig deur met sy ou vanity-tassietjie, want in sy vel kan hy mos soveel bagasie saampiekel as wat hy wil!

Dik Daan vertel vir ons hy’t êrens gelees dat 11 lugwaardinne van die Indiese lugdiens onlangs geskors is nadat hulle geweeg en te swaar bevind is. Die een ou swaardinnetjie, Sheela Joshi, het gekla dat sy net 500 g meer as die toegelate 63 kg geweeg het!

“Ja en dit terwyl die helfte van die passasiers op die vlug elkeen ten minste 10 kg se oorgewig-bagasie net om die pens alleen saamgevlieg het,” sê Daan. “Solank sy mos mooi glimlag en net nie breër as die paadjie tussen die sitplekke is nie, maak ’n paar ou onsies ekstra mos nie saak nie!”

Toe lees Groot Paul boonop vir ons dat navorsers by die Lund-universiteit in Swede bevind het dat vetter voëls beter vlieg as maer voëls.

As ’n vliegtuig sy gewig verdubbel, bly hy net daar op die grond sit, maar as ’n voël dit doen, vlieg hy verder en beter. Wil jy nou meer! G’n wonder ek wonder so nie.

Oom Johnny reken ons sal in ons ou landjie maar betyds daaraan gewoond moet raak dat baie dinge so op een enjin sal aanstotter, of dit nou Eisjkom of EisjNatis, Binnelandse Slape, die gr. 11’s met hul wiskunde of Wit Jakkals en sy gelapte Bokspan is. “Solank almal net uiteindelik veilig op O.R. Watsenaam land!”

Hou vas![/COLOR] Die Beeld
Reply


Messages In This Thread
Help tog asseblief! Kan is daar iemand hier wat op Afrikaans kan swem? - by ForumAdmin - 19-11-2007, 07:45 AM

Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  As jy wil weet wat in SA aangaan, lees Afrikaans Pronkertjie 0 3,546 18-07-2006, 12:32 PM
Last Post: Pronkertjie
  Is daar in wanorde iets wat ons saamknoop? Pronkertjie 0 3,615 23-04-2005, 06:23 PM
Last Post: Pronkertjie
  Daar is voels in die Kaap - by rioolplase! Pronkertjie 4 4,775 12-03-2005, 03:18 PM
Last Post: Pronkertjie
  Afrikaans op sy beste oe-la-la 1 3,650 26-01-2005, 11:38 PM
Last Post: Jangar
  Daar's 'n wind wat waai Pronkertjie 4 3,679 22-09-2004, 08:26 AM
Last Post: oe-la-la
  Afrikaans vir.... oe-la-la 6 4,851 14-08-2004, 10:19 AM
Last Post: oe-la-la
  Dutch / Afrikaans Pronkertjie 3 4,725 26-01-2004, 04:47 PM
Last Post: sterretjie
  Swem saam met dolfyne Joan 4 12,811 18-01-2004, 01:37 PM
Last Post: spam
  Baie stil hier... oe-la-la 0 4,704 Less than 1 minute ago
Last Post:
  Afrikaans is nie Vlaams en Vlaams is nie Nederlands hantam 0 3,443 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)